Wenkbrou area

Mondstuk Media verjaar en ons beplan nuwe dinge, soos ’n weeklikse nuusbrief waarop jy kan inteken

Die begin was ’n waagkans, maar ons is opgewonde om ons eerste jaar as ’n aanlyn-nuusplatform saam met julle te kan vier. Ons eerste uitgawe op 1 September 2025 het die Bolandse rugbyspeler Sydney Tobias op ons voorblad gehad en rugby het een van ons gewildste temas gebly. Maar in hoofsaak gaan Mondstuk oor mense in ons gemeenskappe en oor stories en menings wat jy nie annerplek kry nie.

Nou gaan ons sorg dat jy weekliks sommer al Sondagaande kan begin lees aan die Maandag se uitgawe, maar dan gaan jy moet subscribe op ons nuwe nuusbrief waarmee ons een van die dae begin. Ons eer ons Hemelse Vader vir sy goedheid en guns – en dankie vir almal van julle se ondersteuning!

Lees die storie →

‘Die Boland sal altyd my tuiste wees,’ sê Coach Hersch oor bespiegelings op sosiale media oor sy volgende stap

Die “Rassie Erasmus van die Boland”, wat onlangs deur Grabouw onseremonieel huis toe gestuur is, se visier is steeds op ’n pos in die unie waar hy tot nou sy grootste sukses behaal het.

Waarom maak dit saak? Foto’s en ’n video is pas op sosiale media geplaas wat wys hoedat hy hand bysit by Kuilsrivier, terwyl daar ook geskinder word dat sy kop Robertson Town toe staan.

Lees die storie →

Hulle het glo gesê hulle wil die toilet gebruik. Nou staar ’n Bolandse rugbyster en sy vriend VIER verkragtingsklagte in die gesig

Die borgtogaansoek vandag van ’n uitblinkerspeler van Roses United in Wellington, wat saam met sy vriend van verkragting aangekla word, is tot môre uitgestel omdat die staat nóg verkragtingsklagte bygevoeg het.

Hoekom maak dit saak? Elton Rochert, wat vir die verdediging optree, het die uitstel versoek omdat hy eers oomblikke voor die hofsitting oor die addisionele klagte ingelig is. Die aktivis Billy Claassen (op die foto) ondersteun die beweerde slagoffer.

Lees die storie →