Wat het ons geleer? Jakes Gerwel, oudrektor van UWK, het in sy studente-dae gedigte ook geskryf

Wie? Navorsing deur die gerekende letterkundige prof. Steward van Wyk (links) het nuwe inligting oor ’n voorganger in dié veld, prof. Jakes Gerwel, aan die lig gebring.

Waar? Prof. Van Wyk het die naweek by die Etienne van Heerden-veldsoirée ’n praatjie gelewer oor prof. Gerwel se kreatiewe skryfwerk, wat hoofsaaklik ongepubliseerde gedigte is. Regs op die foto staan Van Heerden.

Lees die storie →

Ons foto van die week: Die kanola keer terug

Die Overberg blom hierdie tyd van die jaar weer behoorlik met die kanola wat kop uitsteek op landerye in die omgewing.

Wat dit so mooi maak, is dat dit gesien kan word tussen die groen van die rollende graanlande. Maar vir hooikoorslyers en dié met longprobleme, bring dié mooi beelde ook ’n slegte ervaring.

Lees die storie →

Waaroor spoel ons mond uit? Gayton Mckenzie en die PA se ‘grondhonne’, wat soos ‘politieke barbare’ aangaan

Wat? Mondstuk Media stem volmondig saam met ons inhoudshoof, Heindrich Wyngaard, se waarskuwing die naweek in ’n meningsartikel in Rapport teen wat hy “politieke barbare” noem.

Waarom? Dit is ’n beskrywing wat Wyngaard gebruik weens die vieslike taal waarmee Gayton Mackenzie, leier van die Patriotic Alliance, en sy ondersteuners hul opponente op Facebook uitskel.

Lees die storie →