STORMSKADE: Wind ‘skeur’ oud-Springbok Errol Tobias se karavaan aan flarde

Die stormsterk-wind wat groot dele van die Wes-Kaap vandag getref het, het die oggend vieruur se kant die 76-jarige Tobias se karavaan by sy huis op Caledon as slagoffer geëis.

Waarom maak dit saak? Tobias vertel dat hy en sy ontslape vrou, Sandra, vir maklik 45 jaar lank saam met hul kinders in die karavaan langs die Suid-Kaap vakansie gaan hou het. “Dit vat so bietjie aan die hartsnare,” sê hy.

Lees die storie →

Stewels trap spore van hoop: Kaapse Forum en Puma span saam om jong sporttalent te ondersteun

Mense dink dalk nie altyd daaraan dat daar ook by sogenaamde spog-skole behoeftige leerders is nie. Wat egter vir die burgerregte-organisasie Kaapse Forum belangrik is, is om te kan help waar hulle kan, soos met die onlangse oorhandiging van Puma-stewels by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Waarom maak dit saak? “Hierdie inisiatief gaan oor meer as net stewels,” sê Aldo Carelse van Kaapse Forum, wat die stewels aan die skool se nuwe sportonderwyser, mnr. Abri van Heerden, oorhandig het. “Dit gaan oor hoop.”

Lees die storie →

Promosie: Kos uit die huiskombuis, klanke, klets en handgemaakte ‘craft’ is wat vir jou wag by die “Eerste Vrydag”-mark dié naweek op Genadendal

Die “First Friday Market”, ’n inisiatief van die vriende van die Genadendal-sendingmuseum op die oudste sendingstasie in die land, word weer hierdie Vrydag, 7 November 2025, vanaf 18:00 – 21:00 gehou.

Hoe raak jy deel daarvan? Jy is welkom om aansoek te doen om produkte of kos te kom verkoop of jy kan net bywoon en ondersteun. Maak kontak met die museum by 076 341 8527 of genadendalmuseum@gmail.com

Lees die storie →

Wil jy weet wie jou voorgeslagte is? Aubrey Springveldt, afstammeling van slawe, help ander om verby doodloopstrate in hul stambome te kom

Dit was by die opvoedkundige en historikus prof. Richard van der Ross dat mnr. Aubrey Springveldt geleer het oor die belangrikheid daarvan om te weet waar jy vandaan kom.

Wat baat dit? Mnr. Springveldt (regs), hier afgeneem saam met mnr. Danie van Wyk van die DAK Netwerk, is die naweek deur dié organisasie erken vir die navorsing waarmee hy al talle bruin mense (én Afrikaners!) gehelp het om hul stambome na te speur. Hy wag om van jou te hoor.

Lees die storie →

Julian Hails (75) het weens die aardbewing van 1969 in Ceres beland. Amper sestig jaar daarna werk hy nog steeds om skade op dié dorp te herstel

Die verwoesting was enorm, onthou die gemeenskapsleier Julian Hails oor die prentjie wat hom begroet het toe hy in 1969 as ’n jong volwassene saam met kollegas uit Grahamstad op Ceres aankom om te help met die herbouproses.

Wat laat hom nou daaraan dink? Dit was verlede maand 56 jaar sedert die aardbewing wat die gebied getref het. Nou betreur hy die feit dat menseverhoudings tussen rassegroepe nog self herbou moet word.

Lees die storie →

‘Ek is n kleurling vrou van Blomnekweg Plakkerskamp De Rust. Ek het in Maart 2025 besleit no gaan ek my skooltjie begin kom wat wil en so het ek begin met die Hulp van die Here.’

Die gebou waarin Fredericka Plaatjies haar kleuterskool in De Rust, anderkant Oudtshoorn in die Klein-Karoo, begin het, was eens ’n lykshuis. Hier gee sy nou kindertjies ’n kans op ’n beter lewe.

Wat noem sy die skooltjie? Klein Kaboutertjies. Omdat die meeste kinders tussen een en vyf jaar oud is, letter klein kaboutertjies, sê sy.

Lees die storie →