Promosie: Kos uit die huiskombuis, klanke, klets en handgemaakte ‘craft’ is wat vir jou wag by die “Eerste Vrydag”-mark dié naweek op Genadendal
Die “First Friday Market”, ’n inisiatief van die vriende van die Genadendal-sendingmuseum op die oudste sendingstasie in die land, word weer hierdie Vrydag, 7 November 2025, vanaf 18:00 – 21:00 gehou.
Hoe raak jy deel daarvan? Jy is welkom om aansoek te doen om produkte of kos te kom verkoop of jy kan net bywoon en ondersteun. Maak kontak met die museum by 076 341 8527 of genadendalmuseum@gmail.com

Die Vrydag-mark verseker dat die historiese werf op die eerste Vrydagaand van die maand opgehelder word met klanke, klets en kosse. “Maar hierdie mark is meer as net ’n geleentheid om plaaslike produkte en disse te ontdek,” sê me. Judith Balie, hoof van die museum. “Dit is ’n viering van gemeenskap, kreatiwiteit en kultuur.”
Me. Balie sê dié inisiatief van die vriende van die museum “en elke besoek en aankope wat daarmee gepaard gaan, dra direk by tot die museum se fondsinsameling”. Sodoende help ondersteuners om Genadendal se erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar.
Aansoeke vir stalletjies: Die aansoeke om as ’n organisasie of as individu ’n stalletjie by die mark te behartig, sê sy, moet teen Woensdag, 5 November, ingedien word by e-pos genadendalmuseum@gmail.com of bel 076 341 8527.
Haar uitnodiging aan jou wat hier lees: “Kom beleef die unieke samesmelting van geskiedenis, handwerk en kos — in die hart van die vallei van genade.”
- Die foto’s hiernaas wys hoe lekker dit vorige kere by die mark gegaan het. (Foto: Genadendal Sendingmuseum)

