FOTO VAN DIE WEEK: Die beste spyskaart aan die mees suidelike punt van Afrika
Die egpaar Noël en Chandré Bastiaan van Bredasdorp het ’n restaurant geopen op dieselfde terrein waar die Agulhas-lighuis aan die mees suidelike punt van die vasteland geleë is.
Wat maak dit besonders? Hulle noem dit “Needles”, wat verwys na die verskillende naalde van ’n kompas, verduidelik Noël toe Mondstuk Media by die restaurant aansit vir ’n ete.

