Dollar Brand, aka Abdullah Ibrahim, was ’n digter óók. Huldeblyke van oraloor vir Suid-Afrika se jazzmaestro

Mondstuk Media het einde Maart vanjaar ’n mooi foto van Abdullah Ibrahim geplaas, wat Jimi Matthews by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees geneem het.

Waarom maak dit saak? Noudat Ibrahim (91) gesterf het, herinner ons onsself daaraan dat Matthews tóé gesê het dié jazzmeester het opgetree asof dit sy laaste was – en dit wás toe.

HULDEBLYK | 16.06.2026: Die internasionale musiekwêreld treur oor die heengaan gister van Abdullah Ibrahim, wat in 1934 in die ou Distrik Ses gebore is, uitgewyk het na die buiteland en vir homself groot aansien met sy talent as jazz-kunstenaar gewen het.

  • Ibrahim was die laaste op die verhoog gesien toe hy einde Maart vanjaar by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees (CTIJF) in Kaapstad opgetree het, die stad waar hy sy eerste lewenslig aanskou het.
  • Nie almal was té verbaas dat sy laaste dae hierdie week aangebreek het nie, want reeds met die fees was dit duidelik dat hy broos en nie te gesond was nie.
  • Die fotograaf Jimi Matthews, wie se digter-pa James ’n tydgenoot van Ibrahim was, het toe teenoor Mondstuk Media opgemerk: “When Abdullah was wheeled onto the stage in a wheelchair l was was quite alarmed by just how frail he was. (…) The experience was deeply spiritual and l feel blessed that l had the opportunity to listen to Abdullah in person, one more time.”

Terwyl die meeste aanhangers van Abdullah Ibrahim vertroud is met sy nalatenskap as pianis en komponeerder van onder meer die bekende “Mannenberg – It’s where it’s happening”, weet nie baie mense dat hy ook as digter sy merk gemaak het nie.

In die bundel Seven South African Poets, saamgestel deur Cosmo Pieterse, is gedigte van Ibrahim – onder die naam Dollar Brand, soos hy bekend was voordat hy die Moslem-geloof aangeneem het – ook ingesluit. Die ander digters is onder andere Dennis Brutus, Keorapetse Kgositsile en Arthur Nortje.

Hier is twee aanhalings uit Ibrahim se epiese gedig, “Africa, Music and Show Business (An analytical survey in twelve tones plus finale)”:

blues for district six

early one new year’s morning

when the moaning bay mourned its murky waters against the deserted

dockyard

a bloodsthirsty south easter roared over hungry lion’s head

and ghosted its way up hanover street

empty

forlorn

and cobwebbed with gloom

En:

spiritual

when i get to heaven gonna play on my harp

gonna play all over gods’s heaven

 

but only with the cats who can make the changes

Leave a Reply