Dollar Brand, aka Abdullah Ibrahim, was ’n digter óók. Huldeblyke van oraloor vir Suid-Afrika se jazzmaestro
Mondstuk Media het einde Maart vanjaar ’n mooi foto van Abdullah Ibrahim geplaas, wat Jimi Matthews by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees geneem het.
Waarom maak dit saak? Noudat Ibrahim (91) gesterf het, herinner ons onsself daaraan dat Matthews tóé gesê het dié jazzmeester het opgetree asof dit sy laaste was – en dit wás toe.
