Johnny Davids se begrafnis skyn die kollig op ’n sensitiewe saak. Dit is die geskimp oor sy ander seun
Talle bekendes, onder wie die krieketlegende Vernon Philander, die sanger Neville D en die storieverteller Lyntjie Jaars, het die afgelope naweek afskeid geneem van die gewilde TV-aanbieder Johnny Davids.
Zoom in: Die gewyde atmosfeer het ook ’n donker wolkie gedra toe die kwessie van sy ander seun, Juan, opgebring is.


