Dawid troef vir Goliat: Skrik vir niks wys in die NH Overberg Challenge vir Saffies wat hulle jaarplan is

Hawston het die naweek voor nagenoeg 4 000 toeskouers gewys wat in hulle steek toe hulle Safcol met 37-22 kaf gedraf het in die vierde Overberg Challenge-toernooi van NH Sports.

Wat maak dit besonders? Dit was die vierde keer dat Hawston deelgeneem het en hul derde keer in die finaal. Op dié foto deur SYDNEY ARMOED lyk dit nog of Safcol ’n kans staan …

“Ons is baie bly vir hulle,” sê past. Rodney Nissen van NH Holdings, aanbieder van die Overberg Challenge, oor Hawston se prestasie. Die eindstryd tussen Hawston en Safcol en ook al die ander wedstryde, voeg hy by, “was ’n vertoonvenster vir Overberg-rugby”.

  • Die toernooi se bywoning vanjaar was die grootste tot nog toe vandat dit vier jaar gelede begin is.
  • Dit het relatief sonder voorvalle plaasgevind.

Hierdie foto van S&C Photography, wat ons op Hawston-klub se Facebook-blad gekry het, wys die uitbundige kampioenspan:

Leave a Reply