Eyebrow pre-Header bv. Wie inspireer ons?

‘Hulle kom vir ons!’ Die poppe gaan dans oor ondersoek na Theewaterskloof se ‘Generatorgate’-skandaal

Die Theewaterskloof-munisipaliteit het ’n diensverskaffer, genaamd ZWH, glo R128 miljoen vir die huur van 14 kragopwekkers betaal … en is blykbaar nog met R40 miljoen in die skuld by die maatskappy.

Hoe gebeur dit? Die Spesiale Ondersoekeenheid (SIU) moet nou die antwoord op die vraag probeer vasstel by amptenary en politici wat daarvoor verantwoordelik was.

Lees die storie →

Afrika-kampioen Matao se droom gered vir Wêreldbyeenkoms in VSA

Hoe? ’n Berig op 8 Julie in die Hermanus Times deur Mitzi Buys het individue en organisasies se aandag getrek en hulle laat inspring om dié ster-hoogspringer in Augustus in Oregon, Amerika, te kry.

Waarom? Die berig het vertel dat Matao le Roux, gr. 10-leerling aan Swartberg Sekondêr op Caledon, R35 000 moes insamel om aan die kampioenskappe deel te neem. Sy ma, Maeve, het donateurs op Facebook bedank.

Lees die storie →

‘Die Boland sal altyd my tuiste wees,’ sê Coach Hersch oor bespiegelings op sosiale media oor sy volgende stap

Die “Rassie Erasmus van die Boland”, wat onlangs deur Grabouw onseremonieel huis toe gestuur is, se visier is steeds op ’n pos in die unie waar hy tot nou sy grootste sukses behaal het.

Waarom maak dit saak? Foto’s en ’n video is pas op sosiale media geplaas wat wys hoedat hy hand bysit by Kuilsrivier, terwyl daar ook geskinder word dat sy kop Robertson Town toe staan.

Lees die storie →

‘Die moord op Janine Hopley’: Hy sê vir haar suster hy vermoed sy is deur ’n ander man verkrag en doodgemaak. Toe is dit glo hyself

In Augustus 2024 is Caledon geruk deur die gru-moord op Deveney Nel op die skoolterrein van Hoërskool Overberg. Twee jaar later, het nóg ’n wrede moord die dorp pas getref. Foto: SYDNEY ARMOED

Wat is die verskil? Hierdie keer is die slagoffer Janine Hopley, ’n doodgewone ma van drie. Dit is onwaarskynlik dat ’n boek oor haar geskryf sal word – en niemand het vandag by die hof betoog nie.

Lees die storie →