Afrika-kampioen Matao se droom gered vir Wêreldbyeenkoms in VSA

Hoe? ’n Berig op 8 Julie in die Hermanus Times deur Mitzi Buys het individue en organisasies se aandag getrek en hulle laat inspring om dié ster-hoogspringer in Augustus in Oregon, Amerika, te kry.

Waarom? Die berig het vertel dat Matao le Roux, gr. 10-leerling aan Swartberg Sekondêr op Caledon, R35 000 moes insamel om aan die kampioenskappe deel te neem. Sy ma, Maeve, het donateurs op Facebook bedank.

 

Lees die Facebook-plasing deur Matao se ma, Maeve Jonker, hier. Mev. Jonker maak spesiale melding van die joernalis Mitzi Buys, wat die onderstaande artikel vir die Hermanus Times geskryf het oor Matao se uitdaging. Dit was nadat Atletiek Suid-Afrika gesê het hulle kan slegs verblyf vir atlete betaal.

Leave a Reply