Die dood van Neo Cornelius: ‘Weet julle mense wat dit is om te sien hoe tap die lewe uit ’n kind uit?’

Agterna beskou, was dit ’n afgryslike tragedie wat verlede Donderdag  op die Overbergse dorpie Caledon afgespeel het toe ’n skraal hoërskoolseun die agtermiddag – amper soos in ’n rillerfliek van minder as één minuut – deur ’n mede-leerder doodgery is.

Wat gebeur toe daarna? Die verhaal word aan Mondstuk Media vertel deur ’n ooggetuie, mev. Delia Swart, wat Neo Cornelius (15) se laaste, pynlike oomblikke met hom meegemaak het.

Lees die storie →

RUBRIEK: Wanneer ’n kind aan die hand van ’n ander kind of jongmens sterf: Skok, spyt en veroordeling – en die grootste hiervan is om liefde en genade aan mekaar te betoon

Dit kan seker ’n vurk in die pad genoem word. ’n Vurk in die pad word gewoonlik as ’n illustrasie gebruik vir gevalle waar jy voor twee keuses te staan kom: waar jy links of regs moet draai. Maar in dié geval gaan dit oor kant kies, oor besluit waar jy die meeste van jou menslike simpatie gaan belê, terwyl die simpatie eintlik – en dit besef jy uit die staanspoor uit, moeilik soos wat dit is om dit te aanvaar – albei partye toekom. Soos wanneer ’n kind se dood deur ’n ander kind of jongmens veroorsaak word.

Lees die storie →

Mondstuk Media se stigter wil deur dié nuushuis as ’n spreekbuis vir gemeenskappe optree en ook aan hulle stem gee. Hy besef harde werk lê voor

Mondstuk Media is gebore uit die bekommernis onder Afrikaanssprekende bruin mense oor wat ervaar word as onvoldoende dekking van dié gemeenskappe deur die hoofstroommedia.

Wie se idee was dit? Ons het dit tot nou geheim gehou omdat ons wou hê die platform moet eers behoorlik aan die gang kom, maar nou kan ons dit onthul. Dit is die man wat alombekend staan as Mnr. KLOP! – “with a little help from his friends”, soos hulle sê.

Lees die storie →