Neville D, ‘magtige’ musikale talent van die Kaap, praat oor sy Mighty Men-mylpaal. Dit was ‘awesome’, sê hy

Om verlede naweek die prys en aanbidding te kon lei by past. Angus Buchan se eerste Kaapse Vlakte Mighty Men-saamtrek, was vir die gospelkunstenaar Neville D ’n “groot, awesome voorreg”.

Waarmee vergelyk hy dit? Sy nominasie en bywoning van die Grammys in 2016: “Ek het daar gevoel asof ek Kaapstad, die Cape Flats en Suid-Afrika represent – en by Mighty Men het ek gevoel of ek Kaapstad in prys en aanbidding lei.”

Lees die storie →

Promosie: Kos uit die huiskombuis, klanke, klets en handgemaakte ‘craft’ is wat vir jou wag by die “Eerste Vrydag”-mark dié naweek op Genadendal

Die “First Friday Market”, ’n inisiatief van die vriende van die Genadendal-sendingmuseum op die oudste sendingstasie in die land, word weer hierdie Vrydag, 7 November 2025, vanaf 18:00 – 21:00 gehou.

Hoe raak jy deel daarvan? Jy is welkom om aansoek te doen om produkte of kos te kom verkoop of jy kan net bywoon en ondersteun. Maak kontak met die museum by 076 341 8527 of genadendalmuseum@gmail.com

Lees die storie →

Wil jy weet wie jou voorgeslagte is? Aubrey Springveldt, afstammeling van slawe, help ander om verby doodloopstrate in hul stambome te kom

Dit was by die opvoedkundige en historikus prof. Richard van der Ross dat mnr. Aubrey Springveldt geleer het oor die belangrikheid daarvan om te weet waar jy vandaan kom.

Wat baat dit? Mnr. Springveldt (regs), hier afgeneem saam met mnr. Danie van Wyk van die DAK Netwerk, is die naweek deur dié organisasie erken vir die navorsing waarmee hy al talle bruin mense (én Afrikaners!) gehelp het om hul stambome na te speur. Hy wag om van jou te hoor.

Lees die storie →

‘Coach Herschelle’ is ’n Rassie wat sy storie as afrigter ken. Maar waarom rasper hy dan partykeer die gevoelens van bestuurslede, spelers en toeskouers, man?

Die poppe het Donderdag gedans aan die Botrivier-kant van die Houw Hoek-pas toe die nuus begin viral gaan dat die afrigter van die plaaslike rugbyspan, Herschelle van Aswegen, “met onmiddellike effek” wou bedank.

Wat gebeur toe? Mnr. Wilfred Herman, voorsitter, en die res van sy bestuurspan moes “met onmiddellike effek” krisisbestuur toepas en die afrigter sy sin gee om die situasie te red. (Maar was dit nou nodig om in die proses toe sommer vir Mondstuk Media onder die bus na Vanrhynsdorp te wil gooi?) Ons help die Botrivier-bestuur en Mondstuk se mense om “coach Hersch” beter te leer ken.

Lees die storie →

Robertson Town se sukses in die Gold Cup-kompetisie van SA Rugby veroorsaak nou vir hulle ’n Boland Top 12-kopseer. Safcol het nie simpatie daarmee nie

John Booysen, afrigter van Robertson Town, wat die naweek sy Gold Cup-kragmeting teen Worcester Villagers met 52-33 gewen het, is bekommerd oor sy diepte op slot en stut vir die komende naweek se kragmetings.

Waarom is dit ’n probleem? Town moet sy eerste Top 12-wedstryd vir die seisoen tuis teen Safcol speel en op dieselfde dag – ook tuis – ’n volgende Gold Cup-afspraak teen College Rovers uit KwaZulu-Natal nakom.

Lees die storie →

Connor Mahoney, Bolandse uitblinker vir Curriebeker-kampioen Griekwas, het dié hoogtepunt die naweek by die huis in Abbotsdale gevier. Hy dra nog alliepad Safcol se liefde met hom saam

Bolandse “rugbyvolk” kon verlede naweek met die Curriebeker-eindstryd ’n aandeel vir hulle provinsie opeis in die Griekwas se 27-25-oorwinning teen die Leeus weens die teenwoordigheid in die Noord-Kaapse span van ’n “verlore” seun.

Wat beteken dit? Die vleuel Connor Mahoney het in die 2024-seisoen vir die Suzuki Griekwas begin uitdraf en vanuit die staanspoor sy merk in die span gemaak. Om daardie rede kon hy nou die dag met die Curriebeker-eindstryd saam feesvier.

Lees die storie →

Sportfotograaf Henko Nel (16): ‘Om die adrenalien en emosies in ’n foto te kan vasvang, is baie lekker.’

Mondstuk Media het hom ná die onlangse Curriebeker-wedstryd tussen DHL WP en Sanlam Boland-Kavaliers op Facebook ontdek. Dit is waar hy, ’n graad 10-leerder aan Hoërskool Montagu, die treffendste sportfoto’s plaas.

Waarom wil ’n mens dit weet? Omdat ander jongmense by hom kan leer oor hoe om jou spaargeld te gebruik om jou passie uit te leef – en jou eerste ordentlike kamera aan te skaf.

Lees die storie →

Dié skrywer moes oorsee ’n uitgewer vir sy boek oor bofbal soek. Nou maak invoertariewe dit selfs vir hóm te duur.

Historikus dr. Hendrik Snyders, boorling van Velddrif, tans verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Krygskunde-fakulteit op Saldanha, het die geskiedenis van bofbal in Suid-Afrika ter boek gestel.

Waarom maak dit saak? Dié skryfprojek, “Rough Diamonds – A History of South African Baseball”, het hom byna vyftien jaar geneem … en nou lê en wag sy outeurseksemplare by doeane omdat invoertariewe so taai is.

Lees die storie →

Boland (steeds) bó in Curriebeker; Bokke ónder in Nieu-Seeland

Bolandse rugby-ondersteuners se oë was Saterdag eers op die Springbokke in Nieu-Seeland gerig en later die dag op die Kavaliers se Curriebekerstryd teen WP in die DHL Kaapstad-stadion.

Die uiteinde? Een dag, twee teleurstellings: WP 40 – Boland 22 (nadat die Bolanders rustyd met 8-7 voorgeloop het); en Nieu-Seeland 24 – Suid-Afrika 17. Rassie Erasmus se Bokke moet nou hulself opskerp vir die tweede toets komende naweek in Wellington, Nieu-Seeland, terwyl Hawies Fourie se Kavas steeds op pad na ’n semi-finaal is.

Lees die storie →

Sidney slaan sy eie ‘Tobias-toks’ in vir die Sanlam Boland Kavaliers

Die Sanlam-Boland Kavaliers se nommer een-haker, Sidney Tobias, sê self hy is soos goeie rooiwyn: hoe ouer, hoe beter. Gebore op 20 Maart 1989 (twee dae ná sy pa, Errol, se 39ste verjaarsdag) slaan hy nou sy eie Tobias-toks stewig in op 36.

Waarom is dit goed om te weet? Dit is nou ’n hele 40 jaar nadat Tobias snr. in die 1985-seisoen vir die Wingerdblare uitgedraf het.

Lees die storie →