Robertson Town se eentonner-talent Marco Jones wil losskakel speel en aanhou om kinders te inspireer

Marco Jones het in sy terugkeer-seisoen vir Robertson Town in die Boland Groot Uitdaag-kompetisie en Top 12 gewys dat hy ’n blink toekoms in rugby het. Dit is hoekom hy gereeld agter die doellyn kan kuier, soos in dié foto, geneem deur Norman Evertson.

Grootste prestasie: Hoewel sy span in die Top 12-semi-finale uitgeval het, is Marco as “Speler van die Toernooi” aangewys. Ons leer hom beter ken in vandag se uitgawe en vind uit waantoe hy wil vlieg.

Lees die storie →

Dit het 40 jaar geneem voor sy erkenning as rugbyskrywer gekry het, terwyl sy al die jare jong talent geïdentifiseer het. Dylan Maart, nuwe Stormers-vleuel, is een van hulle

Dit gons oor die indrukwekkende debuut Saterdag in Munster van die Stormers se (geleende) vleuel, Dylan Maart. Die “rugbymamma” Avril Fillies, ’n ikoniese vroue-rugbyskrywer, het saam gejuig.

Waarom? Fillies het oor die jare jong talent in die 15 man-kode, sowel as 7’s geïdentifiseer – en Dylan Maart was een van die mees onlangse spelers wat sy in 2023 hóéka by ’n sewestoernooi raakgesien het. (Die foto kom uit die argiewe.)

Lees die storie →

Dié uitskieter van die Klein-Karoo, begaafd en beskeie, lei nou die Suidoosterfees se direksie. Haar voete kan nie saamdans nie, vertel sy ons, maar sy het ’n visie vir die fees

Berigte elders het klem gelê daarop dat Azelia Morkel die eerste vrou is wat as direksievoorsitter van die Suidoosterfees aangewys word. Mondstuk Media plaas die fokus op haar verstand eerder as haar vroulikheid.

Het jy geweet? Me. Morkel is die kanaalhoof by Via en het pas haar MBA-graad voltooi – en as ’n kind van die Karoo bely sy (met LOL agterna!) biltong is haar stapelvoedsel.

Lees die storie →

Paparazzi-foto: Wie is hierdie bekende TV-mens?

Ons fotograaf het hierdie skrywer van bekende TV-reekse einde verlede week op die pad tussen Stellenbosch en Somerset-Wes, raakgesien. Hy het vriendelik sy venster afgedraai om vir ons fotograaf se kamera te glimlag. Jy kan die foto sien as jy op “Lees verder” klik. Jy is ook welkom om vir Mondstuk Media mooi foto’s te stuur na info@mondstuk.co.za

Lees die storie →

Stewels trap spore van hoop: Kaapse Forum en Puma span saam om jong sporttalent te ondersteun

Mense dink dalk nie altyd daaraan dat daar ook by sogenaamde spog-skole behoeftige leerders is nie. Wat egter vir die burgerregte-organisasie Kaapse Forum belangrik is, is om te kan help waar hulle kan, soos met die onlangse oorhandiging van Puma-stewels by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Waarom maak dit saak? “Hierdie inisiatief gaan oor meer as net stewels,” sê Aldo Carelse van Kaapse Forum, wat die stewels aan die skool se nuwe sportonderwyser, mnr. Abri van Heerden, oorhandig het. “Dit gaan oor hoop.”

Lees die storie →

Hy was in 2024 die ‘Sacha’ van Boland se Groot Uitdaag en Top 12. Waarom word 2025 toe vir hom ’n Kavas-seisoen van min kanse?

Lorenzo Swart, aka Miter, word deur die “Rassie van die Boland”, coach Herschelle van Aswegen, die “mees talentvolle speler in Suid-Afrika” genoem. Hy ken hom goed; hy het hom self afgerig.

Maar wat het dié seisoen van Swart geword? Nadat hy in die Boland-opset opgeneem is, het hy slegs enkele vriendskaplike wedstryde vir die Kavaliers gespeel. Nogtans, sê hy, was dit vir hom “definitief die moeite werd”.

Lees die storie →