‘Ons taal is te jonk om so oud te lyk’: Waarom dié stelling Afrikaans Amptelik 100 se hoofvrou tot stilstand ruk
René Arendse, oudonderwyser en kultuurwerker, is vir langer as ’n jaar nou al die nasionale adjunk-koördineerder van die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.
Wat het dit vir haar beteken? Soveel as wat sy nooit haar betrokkenheid by die projek persoonlik wou maak nie, het die veldtog tog Afrikaans vir haar “huis toe gebring”.


