Die Ebrahim Patel-toernooi sal kan doen met Gayton Mckenzie se beloofde miljoen. Maar wanneer dan?

Die toernooi-direkteur van die EPCC, wat oor die Paasnaweek in George gehou is, sal hierdie week aanklop by mnr. Gayton Mckenzie (middel), minister van sport, kuns en kultuur, oor die geld wat hy hulle belowe het. Dit was in die teenwoordigheid van die oud-Springbok, Ashwin Willemse (regs).

En nou? Romano Lekay (links) het teenoor Mondstuk Media gereageer op vrae wat ontstaan het sedert die minister se aankondiging. Hier is die DRIE VRAE en sy antwoorde daarop

Lees die storie →

HULDEBLYK: Die skielike heengaan van ’n uitblinker in die uitsaaiwêreld. Het Johnny Davids hom dood gewerk?

Heindrich Wyngaard het op versoek van die webwerf Litnet ’n huldeblyk geskryf oor die TV-aanbieder, sportkommentator en sanger Johnny Davids, wat Donderdag aan ’n hartaanval dood is.

Rus in vrede, Boytjie: Wyngaard het op hulle persoonlike verhouding gefokus, maar hier voeg hy enkele paragrawe by oor die eise wat die uitsaaiberoep aan vryskutwerkers stel. Op die foto staan hulle op die O.R. Tambo-lughawe saam met Johnny se vriend, Randall Philander.

Lees die storie →

‘Tweespalt’: Die selektiewe geheue van Suid-Afrikaanse ondersteuners van die All Blacks. Hoe het hulle so gekom?

’n Dokumentêr word tans vervaardig oor die veelbesproke verskynsel van Suid-Afrikaners – talle bruin Kapenaars – wat die Nieu-Seelandse All Blacks eerder as die Springbokke ondersteun.

Waarom maak dit saak? “Tweespalt”, wat ook die naam van die dokumentêr is, word jarelank al hierdeur in vriendekringe en selfs gesinne veroorsaak. HEINDRICH WYNGAARD het ’n mening.

Lees die storie →

Thelo Wakefield was bekommerd oor sy vrou se ope-hartoperasie. Toe sterf sy vriend Chippie Solomon aan ’n hartaanval

Die oud-WP-rugbybaas Thelo Wakefield het voor die naweek gebid vir ’n suksesvolle ope-hartoperasie vandag vir sy vrou, Des. Die operasie het toe goed afgeloop, maar hy sukkel nog om vroeg Saterdagoggend se skoknuus te verwerk.

Wat het gebeur? Uncle Thelo se boesemvriend, Chippie Solomon, spanbestuurder van die Stormers, het onverwags aan ’n hartaanval gesterf. Hier bring hy hulde.

Lees die storie →

Maestro Abdullah Ibrahim tree by die Kaapstad-fees op asof dit sy laaste is, getuig fotograaf JIMI MATTHEWS

Dit was op ’n manier vreesaanjaend om die 91-jarige Abdullah Ibrahim, wêreldberoemde jazzmusikant, só broos op die verhoog by die naweek se Cape Town International Jazz-fees te sien, sê JIMI MATTHEWS, die fotograaf wat hierdie wit-en-swart-foto’s van hom geneem het.

Waarom is dit belangrik? Ibrahim is ’n tydgenoot van Matthews se pa, die skrywer en digter James, wat nie te lank gelede nie op 95 gesterf het. Maar Ibrahim se note op die verhoog het uiteindelik so aards en eg geklink soos die onvergeetlike poësie van Matthews se pa.

Lees die storie →