Sidney slaan sy eie ‘Tobias-toks’ in vir die Sanlam Boland Kavaliers
Die Sanlam-Boland Kavaliers se nommer een-haker, Sidney Tobias, sê self hy is soos goeie rooiwyn: hoe ouer, hoe beter. Gebore op 20 Maart 1989 (twee dae ná sy pa, Errol, se 39ste verjaarsdag) slaan hy nou sy eie Tobias-toks stewig in op 36.
Waarom is dit goed om te weet? Dit is nou ’n hele 40 jaar nadat Tobias snr. in die 1985-seisoen vir die Wingerdblare uitgedraf het.
Die Sanlam-Boland Kavaliers se nommer een-haker, Sidney Tobias, sê self die ander dag op die Behind the Ruck podcast hy is soos goeie rooiwyn: hoe ouer, hoe beter. Gebore op 20 Maart 1989 (twee dae ná sy pa, Errol, se 39ste verjaarsdag) slaan hy nou sy eie Tobias-toks stewig in op 36.
Waarom is dit goed om te weet? Dit is nou ’n hele 40 jaar nadat Tobias snr. in die 1985-seisoen op 35 steeds vir die Wingerdblare uitgedraf het ná sy Bok-uittrede.
- Tobias het die vorige jaar uitgetree uit sy landsdiens as Suid-Afrika se eerste bruin Springbok aan die sogenaamde establishment-kant van die voor-eenheid-era. Hy was toe 35 jaar oud en het sy eerste wedstryd in die Groen-en-Goud gespeel toe hy in 1980 op 30-jarige ouderdom saam met die Bokke na Suid-Amerika getoer het.
Wat het Naas Botha hiermee te doen? Dit was Botha se terugkeer van sy ekskursie na Amerikaanse voetbaal wat Tobias toe van die Bok-trui ontneem het. In die Tobias-biografie Bursting Through the Half-gap skryf Heindrich Wyngaard hoedat Tobias nog alle hoop gehad het dat hy in 1985 sy plek in die span sou kon behou. Wat hy die graagste wou hê, was om ’n toets teen die All Blacks te kon speel indien hulle, soos verwag is, in Suid-Afrika kom toer het. Die toer het egter nie plaasgevind nie. Boland se deur het wel nog wawyd vir Tobias oopgestaan – en vandag spog hy steeds met sy Boland-baadjie (soos gesien kan word in ons voorblad-foto deur Oom Syd Sports Photography.
- Pa en seun se stewelspore kruis nou op ’n ongelooflike wyse op die A-veld van Boland se tuisstadion in Wellington: “Natuurlik is dit ’n ongelooflike voorreg om vandag vir dieselfde span te kan speel wat my pa voor gespeel het,” sê Sidney. “Natuurlik kom dit ook met baie verantwoordelikheid – en ek dink dis net iets wat elke seun van kan droom.”
Sidney Tobias on Boland’s Rise! | Springboks vs Wallabies: Can SA Bounce Back?
- Die minister van sport en kultuur, mnr. Gayton McKenzie, het Tobias snr. verlede naweek met ’n SA Sporttoekenning vereer vir sy destydse prestasie. Hieroor sê sy seun: “[Ek is] baie trots op my pa vir die toekenning wat hy ontvang het. Dit is regtig ’n riem onder die hart om te sien dat als wat hy ingesit het en al die opofferings word raak gesien.”

En die nuutste is? Die Boland Kavaliers het rede om hulself te blameer dat hulle die afgelope naweek net-net met 31-33 teen die Sharks in hul Curriebeker-wegwedstryd verloor het.
