Die raad van die Afrikaanse Taalmonument en -museum is nou in ‘Patriotic Alliance’-hande
Die publiek het onlangs vir die eerste keer met die nuwe raadsvoorsitter van die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM), me. Jacelyn Xenia Scott (néé Kok), kennis gemaak.
Waarom maak dit saak? Sover as wat bekend is, beskik sy (’n PA-lid) oor geen wesentlike ervaring of rekord van betrokkenheid in die Afrikaanse taal of -kultuurwêreld nie.
Die publiek het onlangs vir die eerste keer met die nuwe raadsvoorsitter van die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM) kennis gemaak. Haar naam is me. Jacelyn Xenia Scott (néé Kok).
Waarom maak dit saak? Sover bekend beskik sy oor geen wesentlike ervaring of rekord van betrokkenheid in die Afrikaanse taal of -kultuurwêreld nie. Haar lidmaatskap van die Patriotic Alliance, min. Gayton McKenzie se party, kon haar wel bevoordeel.
- Scott het adv. Jean Meiring vervang, wat in sy een termyn gehelp sorg het dat die ATM vier skoon oudits behaal. Haar hoogste blootstelling in die taal- en kultuurveld skyn te wees dat sy in 2017 as vervaardiger opgetree het vir die filmprojek “Toekomsrus – Ons Erfenis”.
- Sy werk sedert Julie 2011 as kliënte-verhoudingsbestuurder (CLO) by die regering se werknemers-mediese skema (GEMS).
- Meiring, ’n lid van die Johannesburgse balie en vryskut-boekeresensent, is deur die min. McKenzie ’n algemene raadsposisie aangebied, terwyl die gebruik in die verlede was dat ’n voorsitter twee termyne mag dien. Meiring het die aanstelling van die hand gewys.
- Scott is deur die minister ook op twee ander rade – dié van die Nasionale Erfenisraad en Iziko museums – aangestel. By die ATM, het ’n ander PA-lid, mnr. Zane-Davon Anthony, by haar aangesluit. Hy was eens raadgewer vir die ontslape voormalige Theewaterskloof-burgemeester Kallie Papier (van die PA). Nou dien hy ook op die beheerraad van die Robbeneiland-museum.
- In haar eerste openbare verskyning as ATM-voorsitter, het sy op Saterdag, 16 Augustus, aan die ATM se viering van Taaldag deelgeneem. Hierdie geleentheid was ook deel van die ATM se 50ste bestaansjaar vanjaar. Gedurende vraetyd wou me. Scott weet wanneer gepraat gaan word “oor die skade wat Afriforum aan die beeld van Suid-Afrika in Amerika aangerig het”.

- McKenzie het vroeër in reaksie op kritiek deur die voormalige DA-LP mnr. Liam Jacobs gesê hy vind geen fout daarmee dat mense wat aan sy party behoort of hom as minister persoonlik ken, sulke poste opneem nie. Jacobs het net daarna na die PA oorgeloop.
