VGK se ‘vloek-dominee’, terug in gemeente, ‘herbou’ en takel aktivis Billy Claassen

Die VGK-dominee van Clanwilliam, wat onlangs die nuus gehaal het oor ’n uitgelekte stemnota waarin hy woedend die p-woord teenoor sy vrou geuiter het, is terug op die kansel.

Hoekom maak dit saak? In die nadraai van die opspraakwekkende stemnota, is ds. Wilden Fayzel Hector tydelik uit sy amp onthef en moes hy homself na die Wes-Kaapse Hooggeregshof wend om die mond te snoer van die plaaswerker-aktivis mnr. Billy Claassen. Ook die ring van Clanwilliam is nog in sy visier.

  • Na wat uit die hof se uitspraak afgelei kan word, moet mnr. Claassen die koste van die saak dek. Waaroor dit gaan, is dat mnr. Claassen homself aan die kant van ds. Hector se vrou geskaar het en uitlatings gemaak het wat dit laat voorkom asof die leraar reeds skuldig bevind is.

  • Die hof het in sy uitspraak mnr. Claassen verbied om verder inligting te versprei of kommentaar te lewer op ds. Hector en sy vrou se konflik en egskeiding, asook om alle sosiale media-plasings hieroor te verwyder.

  • Claassen moet ook al Hector se koste betaal op die skaal van “C”, wat adv. Lennit Max – ’n doktor in die regte – sê op enigiets tussen R25 000 tot R70 000 per dag kan neerkom.

Mondstuk Media is ingelig dat ds. Hector moontlik met die media sal praat sodra sy hofgeding teen die ring van Clanwilliam se hantering van sy saak afgehandel is. Tans, word gesê, spits hy sy aandag toe op “herbou ná al die hartseer en trauma” van die afgelope ruk.