#LGE2026-humor: Tertuis se rooi wa in Facebook-video laat die tonge klap. Dis tog nie wat julle dink nie
Politieke wenkbroue het behoorlik gelig toe die Wes-Kaapse DA-leier, Tertuis Simmers, oor die naweek ’n video op Facebook geplaas het waar hy ’n bloedrooi Ferrari ry.
Stop by die robot! Die kar word egter slegs vir ’n veldtog vir die komende plaaslike verkiesing ingespan, kap hy by navraag ’n briek. Die verkiesing vind op Woensdag, 4 November, plaas.


