‘Dreig jy my, jou BOEF?!’ vra Action SA se Dereleen omdat sy glo Gayton wil haar met sy sekuriteit ‘afskrik’. Is dit so?
Die PA-leier se Facebook Live van Saterdagaand het ’n wending geneem nadat hy daarin verwys het na aantygings oor hom deur Dereleen James.
Wat is die nadraai? Me. James sê hy moenie dink dat sy nie ook sekuriteit het nie. Sy glo hy is net naar omdat sy kritiese vrae oor hom gevra het.
23.3.2026 | POLITIEK: “Sies!” twiet die teenmisdaad-aktivis en nou LP, me. Dereleen James, na aanleiding van ’n Facebook Live Saterdagaand deur Gayton Mckenzie, PA-leier en kabinetslid. In die uitsending kritiseer die minister van sport, kuns en kultuur onder meer vir me. James oor uitlatings wat sy oor hom sou gemaak het.
In haar reaksie op X, sê sy hy is maar net naar omdat sy in ’n parlementêre vraag antwoorde gesoek het oor sy reisonkoste en oor sy vennoot, Kenny Kunene, teenwoordig was by die huis van ’n vermeende misdaadfiguur. Mckenzie se boodskap is vir haar soos ’n doodsdreigement.
Politieke rondloper: Past. Curt van Heerden, voormalige lid van die PA voordat hy na die People’s Prosperity Movement en net daarna die People’s Movement for Change oorgeloop het, kom ook onder skoot.
- “Let Dereleen en Curt have a good time with my name – a very good time,” sê min. Mckenzie. “Let them have a good time with my name. Die pad is lank. Die pád … is … lánk!”
- Hy voeg dan by – sonder om die konteks te verduidelik: “I am 24/7 with security. Outside my house there’s security now.” Dit kom voor asof hy bedoel dat hy nie daarom met onwettige bedrywighede besig kan wees nie aangesien hy die heeltyd opgepas word.
‘En as daar iets met my gebeur, Suid-Afrika…’ Maar die enigste interpretasie wat vir me. James geregverdig is, is die een in haar X-plasing: “If this isn’t THUGGISH behaviour coming from a whole MINISTER, then I don’t know what is! If ANYTHING HAPPENS TO ME OR ANYONE CLOSE TO ME, SA REMEMBER THIS!!”
- Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, wat bewerings van polisiekorrupsie tot op die hoogste vlak ontbloot het, word ook deur min. Mckenzie in sy video aangevat oor hy ongetoetste bewerings oor die minister gedurende sittings van die parlementêre Ad hoc-komitee na polisiekorrupsie openbaar gemaak het.
- Wat Mckenzie hieroor ontstel, is omdat hy gekeer het dat sy kollega, Ashley Sauls, aka Oem Biza, ernstige bewerings oor lt.genl. Mkhwanazi met die komitee deel – juis omdat die inligting, wat mnr. Sauls bekom het, ook ongetoetste bewerings was.
