Waaroor spoel ons mond uit? Gayton Mckenzie en die PA se ‘grondhonne’, wat soos ‘politieke barbare’ aangaan

Wat? Mondstuk Media stem volmondig saam met ons inhoudshoof, Heindrich Wyngaard, se waarskuwing die naweek in ’n meningsartikel in Rapport teen wat hy “politieke barbare” noem.

Waarom? Dit is ’n beskrywing wat Wyngaard gebruik weens die vieslike taal waarmee Gayton Mackenzie, leier van die Patriotic Alliance, en sy ondersteuners hul opponente op Facebook uitskel.

Lees die storie →

Rug draai op die ANC? Nie ekke nie, sê kameraad Meleney van die Klein-Karoo, wat nou moet help om die party in die Wes-Kaap te hernu en vir #LGE2026 voor te berei

Haar pad met die ANC kom al aan vandat sy so 13 jaar jonk was, sê Meleney Burts Tembo, wat op die top-leierskap ingesluit is van die party se nuwe Wes-Kaapse taakspan (PTT). ’n Eerste formele vergadering van die ampsdraers word vandag gehou.

Waarom is dit belangrik? Me. Tembo glo jy baklei van binne om dinge reg te maak; jy loop nie weg nie. Selfs geharde ANC-kamerade twyfel egter in haar onverskrokke geloof in ’n bevrydingsbeweging uit ’n tyd wat lankal nie meer bestaan nie.

Lees die storie →