Past. Jerimia Thuynsma, wat die Kaapse ANC-volk nou lei, het die waarheid lief. Hy sê: ‘Jou Kleurlingvolk moet kan voel hulle is die eerste nasie en word so getreat in die land.’

Noudat ambassadeur Ebrahim Rasool die ANC onterf het, is past. Jerimia Thuynsma van Mitchells Plain geroep om die Wes-Kaapse ANC verby comrade-koppeslanery na beter dae te lei.

Wat is die verskil tussen die twee? Past. Thuynsma maak dit minder oor homself en hy draai nie doekies om oor hoe bruin mense deesdae oor die ANC voel nie. Sing vir hom ’n hallelujah-lied.

Lees die storie →

Haastig en vinnig: Die ‘Prez’ praat oor oem Biza en die bendes, Liam, Helen, pastor Curt, sy haat vir die media en hoekom hy en die ‘patriots’ praat ‘soos die ding staan’. Hou julle by?

Die “Prez” van die Patriotic Alliance, mnr. Gayton McKenzie, het Saterdagaand by die Afrikaanse Taalmuseum- en monument se 50-jarige vieringsgala in die Paarl ingestem tot ’n impromptu onderhoud met Mondstuk Media se inhoudshoof, Heindrich Wyngaard.

Wat het uitgestaan? Die “Prez” wil hê die Weermag moet ingeroep word teen bendegeweld op die Kaapse Vlakte.

Lees die storie →

’n Juffrou (nie die een op die foto nie) skud haar biscuit in die klaskamer. Sy deel die video op TikTok. Wie moet agterna die krummels optel?

Mondstuk Media se aandag is geruime tyd reeds gevestig op TikTok-dansvideos wat deur jong onderwysers in klaskamers opgeneem word. Leerders word in party gevalle deel gemaak daarvan.

Wat is die probleem? Nie al die videos is opvoedkundig van aard, soos dié wat die “Wiskunde-juffie”, Lizette Boois (op die foto), gewild gemaak het op Youtube nie. Sommige is seksueel-suggestief, al is dit onbedoeld. Volg jy?

Lees die storie →

Neville D, ‘magtige’ musikale talent van die Kaap, praat oor sy Mighty Men-mylpaal. Dit was ‘awesome’, sê hy

Om verlede naweek die prys en aanbidding te kon lei by past. Angus Buchan se eerste Kaapse Vlakte Mighty Men-saamtrek, was vir die gospelkunstenaar Neville D ’n “groot, awesome voorreg”.

Waarmee vergelyk hy dit? Sy nominasie en bywoning van die Grammys in 2016: “Ek het daar gevoel asof ek Kaapstad, die Cape Flats en Suid-Afrika represent – en by Mighty Men het ek gevoel of ek Kaapstad in prys en aanbidding lei.”

Lees die storie →

Sê nou maar Boland-rugby se bankrekening trek swaar, soos dit vertel word, waar sal Desember se bonusse vandaan kom? Die ‘prez’ en die ‘vice’ werk aan ’n plan

Wêreldwyd heers daar hierdie tyd van die jaar opgewondenheid oor Desember-bonusse, maar in een land, Boland, is dit glo nie ’n uitgemaakte saak dat daar genoeg geld daarvoor gaan wees nie. Of vir pres. Bennie van Rooi en die UB se “toelae” nie…

Dinge neuk: Laas maand was daar ook glo nie geld vir petrol vir die Boland-voertuie nie en nou is daar ook vrae oor poste wat geskep word en aanstellings wat glo gemaak word sonder dat daarvoor begroot is.

Lees die storie →

Die DA-mense van die Kaap kry ’n adjunkministerspos in die RNE. Dit klink dan nie of hulle 100% tevrede is nie. Hoekom?

Die DA in die Wes-Kaap glo blykbaar dat dié provinsie – in plaas van me. Alexandra Abrahams se adjunkministerspos – steeds ’n ministeriële (bruin) aanstelling moes kry nadat dr. Ivan Meyer “nee dankie” daarvoor gesê het.

Agter die skerms: Die ander bruin DA-leiers wat gewillig was om hul hande op te steek is, na wat Mondstuk Media verneem, Ricardo Mackenzie, Wes-Kaapse minister van kultuur en sport; Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid in die Stad Kaapstad; en die raadslid Angus McKenzie.

Lees die storie →

Maandagsout: Die simboliese waarde van die syfer 10 gee vir Mondstuk Media rede om ’n klein oorwinning te vier

Uit die hele aantal waardevolle wenke wat verlede week met ons gedeel is deur die onderwysman Graeme de Bruyn, een van ons skerpste potlode in die pakkie, staan drie woorde uit: “vier klein oorwinnings”.

Waarom haal ons dit nou weer op? Omdat Mondstuk Media se tiende uitgawe vandag geplaas word en ons dit vier omdat ons stigter, Heindrich Wyngaard, weet hoeveel sweet en vasbyt dit gekos het om deur die platform by dié betekenisse van 10 uit te kom: “harmonie”, “balans” en “begin”.

Lees die storie →

‘Ek is aangenaam verras met die ondersteuning,’ sê Theewaterskloof se Walter Hendricks ná sukses met sy slim uittree-plan. Nou moet hy harmonie skep, maar hoe?

“Hop, hop / spinnekop!” klink dit vanoggend in die gange van die Theewaterskloof-munisipaliteit op Caledon nadat die DA-Good-koalisie Donderdag hul volle steun aan mnr. Walter Hendricks, munisipale bestuurder, toegesê het.

Wat nou? Terwyl Lincoln de Bruyn (burgemeester, DA) ongemaklik staan tussen Good se Speaker Weldon Wells en onderburgemeester Cynthia Clayton, moet mnr. Hendricks nou harmonie skep tussen werkers en amptenare, wat sy achilleshiel, Wilfred Solomons-Johannes, insluit.

Lees die storie →

Rug draai op die ANC? Nie ekke nie, sê kameraad Meleney van die Klein-Karoo, wat nou moet help om die party in die Wes-Kaap te hernu en vir #LGE2026 voor te berei

Haar pad met die ANC kom al aan vandat sy so 13 jaar jonk was, sê Meleney Burts Tembo, wat op die top-leierskap ingesluit is van die party se nuwe Wes-Kaapse taakspan (PTT). ’n Eerste formele vergadering van die ampsdraers word vandag gehou.

Waarom is dit belangrik? Me. Tembo glo jy baklei van binne om dinge reg te maak; jy loop nie weg nie. Selfs geharde ANC-kamerade twyfel egter in haar onverskrokke geloof in ’n bevrydingsbeweging uit ’n tyd wat lankal nie meer bestaan nie.

Lees die storie →