Die PA is ’n FOEFIE, sê John Steenhuisen vir bruin kiesers. Maar hy wil nog altyd weet hoekom hulle vir Gayton se party stem

“George het my baie bekommerd gemaak, want dis ’n DA-munisipaliteit waar ons in regering is. Dis in ’n DA-provinsie,” sê John Steenhuisen, nasionale DA-leier.

Waarom is dit belangrik? Terwyl hy antwoorde soek op die skuif van DA-steun na die PA, is hy duidelik oor een ding: dat hy glo die PA draai kiesers ’n rat voor die oë. Pasop vir die Patriots, hoor, wil ’n mens amper vir hom sê.

Lees die storie →

Oor háár sal ek dig: Adam Small-fees rig uitnodiging aan skrywers om Diana Ferrus (1953 – 2026) te huldig

Die Adam Small-fees op Pniël het reeds voor die afsterwe Vrydag van die gevierde digter Diana Ferrus, bekend vir haar Saartjie Baartman-gedig, versoek dat medeskrywers haar by die komende fees op die naweek van 20-22 Februarie met ’n gedig moet huldig.

Wat was die reaksie? Die “Godmother van Afrikaans”, Sumayyah Campher-Petersen, het onmiddellik so gemaak en ons plaas vandag haar skrywe. Op die foto staan Diana by ’n skildery van Saartjie deur die kunstenaar Dieuwke-Jean Linee.

Lees die storie →

Berigte oor die skandes van die pa van ’n bekende seun en die seun van ’n bekende pa. Wie se foto’s moes by die berigte geplaas word?

Die foto’s by berigte oor ’n berugte pa en sy bekende seun (Bernie en Bryan Habana) en ’n beweerde bakleier-seun en sy bekende pa (Crispin en Franklin Sonn), het KEITH MEYER aan die dink gesit.

Hier skryf hy daaroor “uit humanitêre oorwegings”, sê hy – en nie omdat hy homself wil voordoen as ’n “hoogleraar” in Kommunikasiekunde of joernalistiek nie, wat hy nie is nie.

Lees die storie →

Nou waar het #lekkerenjy se dreig-brief aan DJ Jizzle_SA verdwyn? Hy wag dan nog allie tyd

Jason Lekota, bekend as fotograaf en vir sy gewilde hutsmerk #lekkerenjy, het verlede week ’n afskrif van ’n prokureursbrief vir publikasie aan Mondstuk Media beskikbaar gestel.

En toe? Ons het dit geplaas saam met ’n storie oor hoedat Joehan Swarts, oftewel DJ Jizzle_SA, glo Jason se naam beswadder. Die brief eis dat DJ Jizzle_SA ophou en om verskoning moet vra, maar die brief het toe nooit by hom opgedaag nie. Nou dreig JIzzle ook met stappe (sien foto).

Lees die storie →