Onbeskofheid en pasiënte wat op vloer slaap, ‘is verkeerd’. Minister glo die NHI sal die wonders kom doen

Die nasionale minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi (regs), was deel van die hoëvlak-afvaardiging wat verlede week die viering van Wêreld TB-dag saam met adj.pres. Paul Mashatile (links) op Caledon bygewoon het.

Waarom is dit belangrik? Mondstuk Media het ’n geleentheid gekry om hom te vra oor onder meer klagtes by plaaslike hospitale oor die optrede van sommige personeel.

Lees die storie →

Groot voorbereidings op Caledon vir die besoek môre van Paul Mashatile en ander hoës op Wêreld TB-dag

Die hoofdorp van die Overberg, Caledon, ontvang môre die soort hoëvlak-besoek wat lanklaas hier gebeur het. Behalwe die adjunkpresident, sal ook die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, en die Wes-Kaapse premier, mnr. Alan Winde, die viering van Wêreld TB-dag op die plaaslike sportgronde bywoon.

Waarom maak dit saak? Dienste wat gratis aangebied sal word, sluit in TB- en kankersifting, MIV, bloeddruk, diabetes en oogtoetse. Die reuse-markiestente wat gister opgerig is, sal vir die dag se verrrigtinge gebruik word. Mondstuk Media sal op Facebook en in ons volgende uitgawe dekking hieraan gee.

Lees die storie →

Theewaterskloof-telenovela kos munisipaliteit duisende rande aan regskoste. Wie gaan die rekening betaal?

Ontwrigting by Theewaterskloof duur voort. Hoewel die DA die raad in koalisie met Good en die Socialist Revolutionary Workers Party regeer, gebruik die ANC, PA en EFF (saam met Good) die meerderheidshef in hul hand. Die VF Plus sit op die draad.

Wat is nuut? Pogings word steeds aangewend om van Walter Hendricks (op die foto) as munisipale bestuurder ontslae te raak. Die gronde daarvoor oortuig nie.

Lees die storie →

CALEDON op HETE KOLE oor OPTOG: Prestige-fabriek en Boland-kollege se kampus glo gesluit. Waar is die politieke leierskap?

Theewaterskloof-munisipaliteit is in ’n warboel ná drastiese besluite wat Vrydag in ’n raadsvergadering op Caledon geneem is. Ander moeilikheid vereis egter dringender aandag.

Die groter prentjie: Die munisipaliteit moet vanoggend antwoorde verskaf op die eise oor onder meer behuising, wat die Land Party onlangs tydens ’n optog op die dorp gestel het. Foto: SYDNEY ARMOED

Lees die storie →