EKSKLUSIEF: Oudtshoorn-insident is nie ’n ‘ras-voorval’ nie, sê die vrou wat die video gemaak het. Nie almal voel so nie.

Die voorval wat Vrydag in Van der Rietstraat op die hoofdorp van die Klein-Karoo op video opgeneem is, veroorsaak rasse-verdeeldheid. Sonia Henkerman, wat die video gemaak het, beskou dit egter nie as ’n ras-insident nie.

Waarom maak dit saak? Terwyl die fokus op wit inwoners se beweerde aanval op bruin seuns is, is ’n onderliggende probleem, wat nou ter sprake kom, die dorp se uitdaging met straatkinders.

Lees die storie →

Peter de Villiers word ‘deur SA Rugby-base’ van M-Net se skedule afgetêkkel. Wat het hy dan vir hulle gemaak?

Mondstuk Media het Vrydag eksklusief op Facebook geskryf dat die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers verwyder is van M-Net se dokumentêre reeks oor “omstrede Suid-Afrikaanse openbare figure”.

Waarom maak dit saak? SuperSport, ’n susterkanaal van M-Net, is glo deur SA Rugby gedreig dat hulle uitsaairegte van Springbokrugby in gevaar kan kom oor die program.

Lees die storie →

Nuwe episodes in ‘TWK-telenovela’ word hierdie week uitgesaai. Dis die een klag op die ander – en ’n hofsaak wat wag

Mense wat die drama by die Theewaterskloof-munisipaliteit volg, kan hulself gereed kry vir nuwe episodes in die komende week.

Wat word verwag? Die hoofkarakter, Wilfred Solomons-Johannes (op foto), keer terug van siekverlof en sy beweerde aanrander, Paul Mabhena, verskyn in die hof. Maar Solomons-Johannes kan ook ’n onaangename verrassing in sy inbox te wagte wees.

Lees die storie →

EKSKLUSIEF: Anthony Muller, ’n ‘Coloured refugee’ in Amerika, sê hoekom hulle Trump se aanbod aanvaar het. Hy nooi ander bruin mense om dieselfde te doen

Anthony Muller en sy gesin is die afgelope naweek na hul eerste braai in Amerika genooi. Hulle is nou amper drie weke daar anderkant.

Hoekom maak dit saak? Hulle is ’n bruin gesin wat ook suksesvol aansoek gedoen het vir pres. Donald Trump se spesiale vlugtelingaanbod aan Afrikaners en ander “rasminderhede” in Suid-Afrika.

Lees die storie →