Die stryd van ’n Oudtshoorniet teen ras-etikette duur voort. Hy sê ons is nie bruin of swart of wit nie

Glen Snyman van People Against Race Classification (PARC) stry al vyftien jaar lank teen rasseklassifikasie, soveel so dat hy daaroor aangekla is toe hy op ’n keer sy ras as “African” en nie “Coloured” op ’n aansoekvorm aangedui het.

Wat maak dit saak? Mnr. Snyman het PARC die afgelope tyd by twee hoëprofiel-byeenkomste bekend gestel, naamlik ’n seminaar oor inheemsheid en slawerny verlede week by UWK en ’n week tevore by Kaapse Forum se Hoerikwaggo-indaba.

Lees die storie →

Robertson Town se eentonner-talent Marco Jones wil losskakel speel en aanhou om kinders te inspireer

Marco Jones het in sy terugkeer-seisoen vir Robertson Town in die Boland Groot Uitdaag-kompetisie en Top 12 gewys dat hy ’n blink toekoms in rugby het. Dit is hoekom hy gereeld agter die doellyn kan kuier, soos in dié foto, geneem deur Norman Evertson.

Grootste prestasie: Hoewel sy span in die Top 12-semi-finale uitgeval het, is Marco as “Speler van die Toernooi” aangewys. Ons leer hom beter ken in vandag se uitgawe en vind uit waantoe hy wil vlieg.

Lees die storie →

Dit is einde van die skooljaar en die Groot Dae kom nader. Maar nou is Leahando, Kim en Janickai se plekke leeg

Plasings op die Facebook-blaaie van drie laerskole op Bredasdorp, Swellendam en Caledon oor die dood van die leerders Kim Kies, Janickai Baardman en Leahando Muller, tref diep en wyd.

Wat nou? Mondstuk Media fokus in hierdie uitgawe op hulle omdat die dood van kinders in bendegeweld op die Kaapse Vlakte meer dikwels die nuus haal. Nie dat ’n mens altyd sulke vergelykings wil tref nie.

Lees die storie →

Bohemia, bekroon: In haar oupa en ouma se huis in Bishop Lavis is hope Afrikaanse publikasies gelees. Hier word sy nou vir die bevordering van die taal bekroon

Dit was haar grootword-jare in oorlede ouma Poppie en oupa George Sass se huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, wat tot nou die grootste invloed in Afrikaans op Bohemia Hoffmeester-Jumatt se lewe en loopbaan gehad het.

Waarom is dit belangrik? Me. Hoffmeester-Jumatt, vryskutjoernalis vir Rapport en Kuier-tydskrif, was Saterdagoggend een van die 2025-ontvangers van ’n Kokertoekenning van die Afrikaanse Taalraad.

Lees die storie →

#LekkerEnJy vs DJ Jizzle_SA: Die Facebook-geveg oor ‘agterstevoor’-foto’s. Nou word daar prokureursbriewe geskryf

Die fotograaf wat gewildheid verwerf het met sy “Lekker en jy?”-sêding, Jason Lekota van Bonnievale, se roem pla sommige mense. Hy word nou beskuldig dat hy net foto’s van agter van vroue op Facebook plaas.

Storie agter die storie: Die beskuldigings word gemaak deur Joehan Swarts, aka “Jizzle_SA”, wie se bio hom voorstel as onder meer ’n “international DJ” en ’n “fitness junkie”.

Lees die storie →

Dié uitskieter van die Klein-Karoo, begaafd en beskeie, lei nou die Suidoosterfees se direksie. Haar voete kan nie saamdans nie, vertel sy ons, maar sy het ’n visie vir die fees

Berigte elders het klem gelê daarop dat Azelia Morkel die eerste vrou is wat as direksievoorsitter van die Suidoosterfees aangewys word. Mondstuk Media plaas die fokus op haar verstand eerder as haar vroulikheid.

Het jy geweet? Me. Morkel is die kanaalhoof by Via en het pas haar MBA-graad voltooi – en as ’n kind van die Karoo bely sy (met LOL agterna!) biltong is haar stapelvoedsel.

Lees die storie →

‘Selfmoord in die selle’: Sy het gesukkel om haar ma se dood te verwerk. Toe hang sy haarself op

Die familie van Jennifer Matthews (26) van Genadendal moes glo gereeld uit haar mond hoor hoe sy dreig om haar eie lewe te neem. Dit was veral nadat hulle ma, Josephine, sowat vier maande gelede afgesterf het.

Toe gebeur die ergste: Me. Matthews is Saterdag in die vroeë oggendure dood in ’n polisiesel gevind. Het die polisielede aan diens die opdragte van hul bevelvoerder gevolg, word nou gevra.

Lees die storie →

Mense wat van mekaar verskil, kan sorg vir ‘sterker’ oplossings as hulle ‘luister om te leer’. Hierdie universiteitsrektor sê so en hy weet waarvan hy praat

Wat prof. Francis Petersen die naweek by Kaapse Forum se Hoerikwaggo-indaba moes lewer, was nie ’n lesing, soos wat hy goed ken nie, maar inleidende opmerkings vir ’n ope gesprek oor “Saamdoen in Afrikaans” op gemeenskapsvlak.

Die kernpunt van sy opmerkings? Hy het die gehoor van 70 deelnemers met ’n belangrike lewensles gelaat: dat jy moet hóór wat iemand sê, maar ook moet luister om só van mekaar te kan leer.

Lees die storie →

’n Munisipale bestuurder se ‘small-a-nyana skeletons’ agtervolg hom tot by sy huidige pos. Maar beteken dit hy is skuldig aan enigiets, soos wat mense nou dink?

Die inwoners van Theewaterskloof-munisipaliteit was in rep en roer toe die Valke verlede week met wydgespreide vlerke by die TWK-kantoor in die hoofstraat op Caledon kom land het. Mondstuk Media het die storie op Facebook gebreek.

Wat is die storie? Dit gaan oor ’n saak van 2021 by die Oudsthoorn-munisipaliteit, waarby die munisipale bestuurder van TWK, Walter Hendricks, betrek word. Politieke vyande lek hulle lippe af.

Lees die storie →

Sy pa het hom geleer om nie toe te laat dat ’n stelsel hom inperk nie. Toe besluit hy om deur grense te breek deur ’n koerant te koop, terwyl ander sê koerante is dood

Die glimlag op John Bailey se gesig kan jy beskou as ’n teken van dié gebore Wellingtoner se tevredenheid oor hy redelik onlangs nie net een nie, maar twee koerante bekom het om nuwe lewe daaraan te gee.

Wat van die teenwinde? Nee wat, sy pa, “uncle Hermie” Bailey, het hom geleer dat jy altyd jou visier anderkant die horison moet instel. Hy het nie sy pa se woorde vergeet nie.

Lees die storie →