Nou waar het #lekkerenjy se dreig-brief aan DJ Jizzle_SA verdwyn? Hy wag dan nog allie tyd
Jason Lekota, bekend as fotograaf en vir sy gewilde hutsmerk #lekkerenjy, het verlede week ’n afskrif van ’n prokureursbrief vir publikasie aan Mondstuk Media beskikbaar gestel.
En toe? Ons het dit geplaas saam met ’n storie oor hoedat Joehan Swarts, oftewel DJ Jizzle_SA, glo Jason se naam beswadder. Die brief eis dat DJ Jizzle_SA ophou en om verskoning moet vra, maar die brief het toe nooit by hom opgedaag nie. Nou dreig JIzzle ook met stappe (sien foto).
Lees gerus eers verlede week se storie deur hier te klik. Onder is ons opvolg daarop:
Mondstuk Media het nog vanoggend navraag gedoen by DJ Jizzle_SA, maar sy antwoord was duidelik: “Geen brief nog nie ma die brief is op social media.” Ons vra toe dat hy formeel daarop kommentaar lewer vir publikasie.
Hier is dit (onveranderd behalwe vir die sterretjie wat ons ingevoeg het):
- “Is snaaks hoe ’n brief wat an my gerug is AL op social media is Ander mense lees my pos voor my soo of die brief gan kom weet eki wat ek ook ma gelees het van ’n verskoning in public soos ek lees op Facebook dai Jong is bef*k in sy kop dit Sal nooit gebeur nie”
Sedert die verskyning van Mondstuk Media se storie verlede Maandag, het ons deurentyd navraag by albei partye gedoen. Jizzle het nog die heeltyd volgehou dat hy nie die brief ontvang het nie. Nou verstaan ons van Jason – deur ’n boodskap van sy prokureur, wat hy vir Mondstuk Media ge-forward het – dat die balju onderneem het dat die brief al verlede week afgelewer sou word. Die prokureur sou vandag weer by die balju navraag oor die brief doen.
Maar Jizzle is nie gepla oor die brief nie. Hy het aan Mondstuk Media skermgrepe gestuur van Jason se plasings met wat hy na verwys as “h*lle”-foto’s van vroue. Tot hierdie oomblik toe kon hy egter nie bewys lewer van vroue wat by hom sou kla oor hulle op dié wyse afgeneem is nie. Hy erken wel dat sommige van hulle die fotosessies doen omdat hulle hoop om meer followers te kry.
Intussen het DJ Jizzle_SA wel ook op Facebook geskryf dat hy dreigemente ontvang via Messenger. Hy sê in die plasing dat hy vrees vir sy veiligheid omdat sy adres op die brief verskyn het. (Mondstuk Media het verseker dat sy adres uitgewis word in ons plasing daarvan.) Hy skryf in dieselfde boodskap dat Jason nie regsgronde het waarop hy hom kan dwing om verskoning te vra nie omdat hy ’n openbare figuur is. Beteken dit dan #lekkerenjy het #lekkergeldmors op die skryf van die prokureursbrief?
- FOLLOW ons op Facebook om op hoogte te bly van stories wat Mondstuk Media hier op ons webwerf en op sosiale media plaas.
