Dié skrywer moes oorsee ’n uitgewer vir sy boek oor bofbal soek. Nou maak invoertariewe dit selfs vir hóm te duur.

Historikus dr. Hendrik Snyders, boorling van Velddrif, tans verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Krygskunde-fakulteit op Saldanha, het die geskiedenis van bofbal in Suid-Afrika ter boek gestel.

Waarom maak dit saak? Dié skryfprojek, “Rough Diamonds – A History of South African Baseball”, het hom byna vyftien jaar geneem … en nou lê en wag sy outeurseksemplare by doeane omdat invoertariewe so taai is.

Lees die storie →

Ook pa’s (en nie net swanger ma’s nie) drink hulle ongebore kinders in ’n Fetale Alkohol Sindroom-gevaar in, wys studie

Die studie, wat Bolandse dorpe insluit, het vir die eerste keer bevind dat pa’s se drinkery ook daartoe kan bydra dat kinders met Fetale Alkoholspektrumversteuring gebore word – korter in lengte, kleiner koppe en ’n laer verbale intelligensie. (Illustrasie: Chante Priga / 7SALT.com)

Waarom moet dit jou bekommer? Jongmense – tieners ingesluit – “drink skrikwekkende hoeveelhede alkohol” en “word al meer ouers van geaffekteerde kinders”.

Lees die storie →

Die LP wat die bende-probleem in die President se gesig gevryf het: ‘How many more children must die before you act?’

Bende-geweld was nie op die ordelys met pres. Cyril Ramaphosa se vraag-en-antwoord-sessie verlede week in die Parlement nie. Maar Action SA-LP Dereleen James het verseker dat dit onder sy aandag gebring word.

Waarom maak dit saak? Me. James eis dat ’n noodtoestand verklaar word – en die President sélf “wil ’n ernstige, hardhandige intervensie hê”, het hy aan haar gesê.

Lees die storie →

’n Lewensles uit die storie wat oom Alspraat verlede week vergeet het om te vertel oor ’n vriend wat in die hospitaal beland het

En julle sê toe ook net mooi niks nie oor dié dat hierdie oom van julle, vergeetagtig soos wat hy soms kan wees, in laasweek se rubriek ’n stuk begin sny het en toe glad nie die stuk klaar gesny het nie. Amper sê ek soos die kinders sê: “Lag my klaar!” Maar sulke tye loer ek altyd maar oor my skouer vir die oorle’ vrou, soos toe sy nog hier was om oor mý skouer te loer. Ek hoor haar helder: “En watse verspottigheid is dit dié van ’n ouman wat soos die kinders wil klink?”

Lees die storie →

Ná 3 ure aaneen se oefening kry NZ-koor ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ onder die knie, maar die ‘g’-klank was ’n styl bult om te klim

Suid-Afrikaners was verlede Saterdag in ekstase oor die pragtige uitvoering van Nkosi Sikelel’ iAfrika deur die Auckland Pasifika-skolekoor in Nieu-Seeland. Ons het ’n eksklusiewe onderhoud gekry met die koorleier, Aloali’i Feagaigafou (Nainz) Tupa’i.

Wat sê hy toe? Dit was veral die ‘g’ in die Afrikaanse deel van die volkslied wat die jong Nieu-Seelanders se tonge laat knoop het, maar Youtube het gehelp.

Lees die storie →

’n Hartlike gesprek oor die kuns van onderhoudvoering tussen ‘Kwêla’ se Hannes van Wyk en ‘Mnr. KLOP!’

In ons ‘Geld & Welvaart’-kategorie gooi ons die net wyd, want om geld te besit, is goed, maar om volgehoue welvaart te skep, is beter. Hiervoor, glo dit of nie, het jy ook die kuns van onderhoudvoering nodig.

Waarom moet jy dit weet? Omdat die onderhoud-tegnieke, wat Hannes van Wyk hier deel, nie beperk is tot media-onderhoude nie. Elke gesprek, werksaansoek of transaksie, kan baat daarby.

Lees die storie →