Hulle het glo gesê hulle wil die toilet gebruik. Nou staar ’n Bolandse rugbyster en sy vriend VIER verkragtingsklagte in die gesig

Die borgtogaansoek vandag van ’n uitblinkerspeler van Roses United in Wellington, wat saam met sy vriend van verkragting aangekla word, is tot môre uitgestel omdat die staat nóg verkragtingsklagte bygevoeg het.

Hoekom maak dit saak? Elton Rochert, wat vir die verdediging optree, het die uitstel versoek omdat hy eers oomblikke voor die hofsitting oor die addisionele klagte ingelig is. Die aktivis Billy Claassen (op die foto) ondersteun die beweerde slagoffer.

Lees die storie →

EKSKLUSIEF: Anthony Muller, ’n ‘Coloured refugee’ in Amerika, sê hoekom hulle Trump se aanbod aanvaar het. Hy nooi ander bruin mense om dieselfde te doen

Anthony Muller en sy gesin is die afgelope naweek na hul eerste braai in Amerika genooi. Hulle is nou amper drie weke daar anderkant.

Hoekom maak dit saak? Hulle is ’n bruin gesin wat ook suksesvol aansoek gedoen het vir pres. Donald Trump se spesiale vlugtelingaanbod aan Afrikaners en ander “rasminderhede” in Suid-Afrika.

Lees die storie →

Sy pa het hom geleer om nie toe te laat dat ’n stelsel hom inperk nie. Toe besluit hy om deur grense te breek deur ’n koerant te koop, terwyl ander sê koerante is dood

Die glimlag op John Bailey se gesig kan jy beskou as ’n teken van dié gebore Wellingtoner se tevredenheid oor hy redelik onlangs nie net een nie, maar twee koerante bekom het om nuwe lewe daaraan te gee.

Wat van die teenwinde? Nee wat, sy pa, “uncle Hermie” Bailey, het hom geleer dat jy altyd jou visier anderkant die horison moet instel. Hy het nie sy pa se woorde vergeet nie.

Lees die storie →