Die Ebrahim Patel-toernooi sal kan doen met Gayton Mckenzie se beloofde miljoen. Maar wanneer dan?

Die toernooi-direkteur van die EPCC, wat oor die Paasnaweek in George gehou is, sal hierdie week aanklop by mnr. Gayton Mckenzie (middel), minister van sport, kuns en kultuur, oor die geld wat hy hulle belowe het. Dit was in die teenwoordigheid van die oud-Springbok, Ashwin Willemse (regs).

En nou? Romano Lekay (links) het teenoor Mondstuk Media gereageer op vrae wat ontstaan het sedert die minister se aankondiging. Hier is die DRIE VRAE en sy antwoorde daarop

Lees die storie →

EPCC beweeg nader aan die toernooi-datum: Ná laasweek se rugbyklinieke en trekking, ook gedenklesing op pad

Hoë-posbekleërs in rugby het die bekendstelling van die 2026-toernooi van die Ebrahim Patel Community Cup by die Fancourt-gholflandgoed in George bygewoon.

Wie was nog daar? Ook borge en verteenwoordigers van deelnemende klubs. Die toernooi-direkteur, Romano Lekay (regs), staan hier saam met die oud-Springbok Ashwin Willemse (links) en Stephan Rothner (middel) van Halfway Hyundai Knysna.

Lees die storie →

Ashwin Willemse maak ’n ‘comeback’: Die voormalige Springbok-vleuel hou rugbyklinieke in die Suid-Kaap

’n Nuwe toevoeging word hierdie week gemaak tot die aanbod van die Ebrahim Patel Community Cup-rugbytoernooi, wat oor Paasnaweek op George plaasvind. Oud-Springbok Ashwin Willemse speel ’n rol daarin.

‘Comeback kid’: Willemse maak as deel van die toernooi se aktiwiteite sy terugkeer tot die veld, maar darem nie om self uit te draf nie. Hy bied Woensdag en Donderdag rugbyklinieke op George en Pacaltsdorp aan.

Lees die storie →

Haar TikTok-video’s oor identiteit lok duisende views en followers. Die vraag wat sy daardeur wil beantwoord is: ‘Wie was ons voordat ons Coloured was?’

Romantha Botha, oorspronklik van George in die Suid-Kaap, is ’n joernalis wat voorheen by koerante en TV-aktualiteitsprogramme gewerk het. Nou maak sy naam as vervaardiger van dokumentêre programme, soos die huidige kykNET-reeks “Jou MASE taal” oor Afrikaans – en op TikTok kyk die wye wêreld na haar videos.

Hoe beskryf sy haarself? Meervoudig: ’n Suid-Afrikaanse swart vrou, wat kultureel as “Coloured” identifiseer. Coloured met ’n hoofletter.

Lees die storie →