Wenkbrou area

Mondstuk Media verjaar en ons beplan nuwe dinge, soos ’n weeklikse nuusbrief waarop jy kan inteken

Die begin was ’n waagkans, maar ons is opgewonde om ons eerste jaar as ’n aanlyn-nuusplatform saam met julle te kan vier. Ons eerste uitgawe op 1 September 2025 het die Bolandse rugbyspeler Sydney Tobias op ons voorblad gehad en rugby het een van ons gewildste temas gebly. Maar in hoofsaak gaan Mondstuk oor mense in ons gemeenskappe en oor stories en menings wat jy nie annerplek kry nie.

Nou gaan ons sorg dat jy weekliks sommer al Sondagaande kan begin lees aan die Maandag se uitgawe, maar dan gaan jy moet subscribe op ons nuwe nuusbrief waarmee ons een van die dae begin. Ons eer ons Hemelse Vader vir sy goedheid en guns – en dankie vir almal van julle se ondersteuning!

Lees die storie →

Ons foto van die week: Die kanola keer terug

Die Overberg blom hierdie tyd van die jaar weer behoorlik met die kanola wat kop uitsteek op landerye in die omgewing.

Wat dit so mooi maak, is dat dit gesien kan word tussen die groen van die rollende graanlande. Maar vir hooikoorslyers en dié met longprobleme, bring dié mooi beelde ook ’n slegte ervaring.

Lees die storie →

FOTO VAN DIE WEEK: Kruie in ’n bottel gekweek. Jy kan ook

By die restaurant Pascal’s in Napier in die Overberg word kruie in gebruikte plastiek koeldrankbottels geplant. Dit is ’n goeie manier om twee omgewingsbewuste inisiatiewe saam te laat loop: die herwinning van die plastiekbottels; en kruie wat by die restaurant gekweek word om dit vars aan kliënte te bedien.

Lees die storie →

Ook pa’s (en nie net swanger ma’s nie) drink hulle ongebore kinders in ’n Fetale Alkohol Sindroom-gevaar in, wys studie

Die studie, wat Bolandse dorpe insluit, het vir die eerste keer bevind dat pa’s se drinkery ook daartoe kan bydra dat kinders met Fetale Alkoholspektrumversteuring gebore word – korter in lengte, kleiner koppe en ’n laer verbale intelligensie. (Illustrasie: Chante Priga / 7SALT.com)

Waarom moet dit jou bekommer? Jongmense – tieners ingesluit – “drink skrikwekkende hoeveelhede alkohol” en “word al meer ouers van geaffekteerde kinders”.

Lees die storie →