FOTO VAN DIE WEEK: Kruie in ’n bottel gekweek. Jy kan ook

By die restaurant Pascal’s in Napier in die Overberg word kruie in gebruikte plastiek koeldrankbottels geplant. Dit is ’n goeie manier om twee omgewingsbewuste inisiatiewe saam te laat loop: die herwinning van die plastiekbottels; en kruie wat by die restaurant gekweek word om dit vars aan kliënte te bedien.

 

Nóg ’n foto van die kruietuin by Pascal’s in Napier wys duideliker hoe dit gedoen word. Die restaurant is in die hoofstraat van dié Kaap Agulhas-dorpie geleë. Foto’s: HEINDRICH WYNGAARD
Leave a Reply