Die dood van Antonio Britto: Wat was die rede dat die Universiteit Stellenbosch ’n week gevat het om iets daaroor te sê?

Die oorsaak van die dood verlede naweek van Antonio Britto, ’n US-student, veroorsaak steeds bespiegeling op sosiale media. Mondstuk Media het nou EKSKLUSIEF inligting daaroor bekom.

Waarom maak dit saak? Die universiteit het eers Donderdag – vyf dae later – ’n mediaverklaring oor Antonio se dood uitgereik en versoek dat die bespiegeling gestaak word.

Lees die storie →

‘Abahambe!’: Dorpe jaag buitelanders skrik op die lyf. Nie só nie, maan min. Anroux Marais

Die slagspreuk “Abahambe” (“laat hulle padgee!”) word nou ook in die Wes-Kaap gehoor. Dit is die eerste keer deur die Patriotiese Alliansie gebruik, maar die party het sedertdien stiller geraak daaroor.

En nou? Die afgelope klompie dae is die slagspreuk egter uitgeleef in dorpe soos Mosselbaai, Kleinmond en Kraaifontein waar inwoners beweerde ongedokumenteerde buitelanders verjaag.

Lees die storie →