CALEDON op HETE KOLE oor OPTOG: Prestige-fabriek en Boland-kollege se kampus glo gesluit. Waar is die politieke leierskap?

Theewaterskloof-munisipaliteit is in ’n warboel ná drastiese besluite wat Vrydag in ’n raadsvergadering op Caledon geneem is. Ander moeilikheid vereis egter dringender aandag.

Die groter prentjie: Die munisipaliteit moet vanoggend antwoorde verskaf op die eise oor onder meer behuising, wat die Land Party onlangs tydens ’n optog op die dorp gestel het. Foto: SYDNEY ARMOED

Lees die storie →

EPCC beweeg nader aan die toernooi-datum: Ná laasweek se rugbyklinieke en trekking, ook gedenklesing op pad

Hoë-posbekleërs in rugby het die bekendstelling van die 2026-toernooi van die Ebrahim Patel Community Cup by die Fancourt-gholflandgoed in George bygewoon.

Wie was nog daar? Ook borge en verteenwoordigers van deelnemende klubs. Die toernooi-direkteur, Romano Lekay (regs), staan hier saam met die oud-Springbok Ashwin Willemse (links) en Stephan Rothner (middel) van Halfway Hyundai Knysna.

Lees die storie →

‘My naam is !Khūaboab’: Wes-Kaapse kultuur-minister skryf vir ons ná Khoisan-kritiek uit die Oos-Kaap

Die meningsartikel verlede week in Mondstuk Media deur die Baaise Khoisan-aktivis Christian Martin “plaas ’n belangrike onderwerp op die tafel”, skryf RICARDO MACKENZIE.

Wat is sy punt? Hy stem saam dat enige oppervlakkige benadering tot die Khoi en San se erfenis bevraagteken moet word, maar die debat daaroor, sê hy ook, “moet die volle prentjie weerspieël”.

Lees die storie →