Nou waar het #lekkerenjy se dreig-brief aan DJ Jizzle_SA verdwyn? Hy wag dan nog allie tyd

Jason Lekota, bekend as fotograaf en vir sy gewilde hutsmerk #lekkerenjy, het verlede week ’n afskrif van ’n prokureursbrief vir publikasie aan Mondstuk Media beskikbaar gestel.

En toe? Ons het dit geplaas saam met ’n storie oor hoedat Joehan Swarts, oftewel DJ Jizzle_SA, glo Jason se naam beswadder. Die brief eis dat DJ Jizzle_SA ophou en om verskoning moet vra, maar die brief het toe nooit by hom opgedaag nie. Nou dreig JIzzle ook met stappe (sien foto).

Lees die storie →

Die stryd van ’n Oudtshoorniet teen ras-etikette duur voort. Hy sê ons is nie bruin of swart of wit nie

Glen Snyman van People Against Race Classification (PARC) stry al vyftien jaar lank teen rasseklassifikasie, soveel so dat hy daaroor aangekla is toe hy op ’n keer sy ras as “African” en nie “Coloured” op ’n aansoekvorm aangedui het.

Wat maak dit saak? Mnr. Snyman het PARC die afgelope tyd by twee hoëprofiel-byeenkomste bekend gestel, naamlik ’n seminaar oor inheemsheid en slawerny verlede week by UWK en ’n week tevore by Kaapse Forum se Hoerikwaggo-indaba.

Lees die storie →

Robertson Town se eentonner-talent Marco Jones wil losskakel speel en aanhou om kinders te inspireer

Marco Jones het in sy terugkeer-seisoen vir Robertson Town in die Boland Groot Uitdaag-kompetisie en Top 12 gewys dat hy ’n blink toekoms in rugby het. Dit is hoekom hy gereeld agter die doellyn kan kuier, soos in dié foto, geneem deur Norman Evertson.

Grootste prestasie: Hoewel sy span in die Top 12-semi-finale uitgeval het, is Marco as “Speler van die Toernooi” aangewys. Ons leer hom beter ken in vandag se uitgawe en vind uit waantoe hy wil vlieg.

Lees die storie →

Dit is einde van die skooljaar en die Groot Dae kom nader. Maar nou is Leahando, Kim en Janickai se plekke leeg

Plasings op die Facebook-blaaie van drie laerskole op Bredasdorp, Swellendam en Caledon oor die dood van die leerders Kim Kies, Janickai Baardman en Leahando Muller, tref diep en wyd.

Wat nou? Mondstuk Media fokus in hierdie uitgawe op hulle omdat die dood van kinders in bendegeweld op die Kaapse Vlakte meer dikwels die nuus haal. Nie dat ’n mens altyd sulke vergelykings wil tref nie.

Lees die storie →