Stewels trap spore van hoop: Kaapse Forum en Puma span saam om jong sporttalent te ondersteun

Mense dink dalk nie altyd daaraan dat daar ook by sogenaamde spog-skole behoeftige leerders is nie. Wat egter vir die burgerregte-organisasie Kaapse Forum belangrik is, is om te kan help waar hulle kan, soos met die onlangse oorhandiging van Puma-stewels by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Waarom maak dit saak? “Hierdie inisiatief gaan oor meer as net stewels,” sê Aldo Carelse van Kaapse Forum, wat die stewels aan die skool se nuwe sportonderwyser, mnr. Abri van Heerden, oorhandig het. “Dit gaan oor hoop.”

Lees die storie →

Hy was in 2024 die ‘Sacha’ van Boland se Groot Uitdaag en Top 12. Waarom word 2025 toe vir hom ’n Kavas-seisoen van min kanse?

Lorenzo Swart, aka Miter, word deur die “Rassie van die Boland”, coach Herschelle van Aswegen, die “mees talentvolle speler in Suid-Afrika” genoem. Hy ken hom goed; hy het hom self afgerig.

Maar wat het dié seisoen van Swart geword? Nadat hy in die Boland-opset opgeneem is, het hy slegs enkele vriendskaplike wedstryde vir die Kavaliers gespeel. Nogtans, sê hy, was dit vir hom “definitief die moeite werd”.

Lees die storie →

Neville D, ‘magtige’ musikale talent van die Kaap, praat oor sy Mighty Men-mylpaal. Dit was ‘awesome’, sê hy

Om verlede naweek die prys en aanbidding te kon lei by past. Angus Buchan se eerste Kaapse Vlakte Mighty Men-saamtrek, was vir die gospelkunstenaar Neville D ’n “groot, awesome voorreg”.

Waarmee vergelyk hy dit? Sy nominasie en bywoning van die Grammys in 2016: “Ek het daar gevoel asof ek Kaapstad, die Cape Flats en Suid-Afrika represent – en by Mighty Men het ek gevoel of ek Kaapstad in prys en aanbidding lei.”

Lees die storie →

Sê nou maar Boland-rugby se bankrekening trek swaar, soos dit vertel word, waar sal Desember se bonusse vandaan kom? Die ‘prez’ en die ‘vice’ werk aan ’n plan

Wêreldwyd heers daar hierdie tyd van die jaar opgewondenheid oor Desember-bonusse, maar in een land, Boland, is dit glo nie ’n uitgemaakte saak dat daar genoeg geld daarvoor gaan wees nie. Of vir pres. Bennie van Rooi en die UB se “toelae” nie…

Dinge neuk: Laas maand was daar ook glo nie geld vir petrol vir die Boland-voertuie nie en nou is daar ook vrae oor poste wat geskep word en aanstellings wat glo gemaak word sonder dat daarvoor begroot is.

Lees die storie →

Die DA-mense van die Kaap kry ’n adjunkministerspos in die RNE. Dit klink dan nie of hulle 100% tevrede is nie. Hoekom?

Die DA in die Wes-Kaap glo blykbaar dat dié provinsie – in plaas van me. Alexandra Abrahams se adjunkministerspos – steeds ’n ministeriële (bruin) aanstelling moes kry nadat dr. Ivan Meyer “nee dankie” daarvoor gesê het.

Agter die skerms: Die ander bruin DA-leiers wat gewillig was om hul hande op te steek is, na wat Mondstuk Media verneem, Ricardo Mackenzie, Wes-Kaapse minister van kultuur en sport; Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid in die Stad Kaapstad; en die raadslid Angus McKenzie.

Lees die storie →

Rubriek: Jamie-Lee was ‘vannie plaas’, maar sy het geleer vir ’n juffrou. Haar moordenaar se wreedheid én ons stilswye het haar doodgemaak, sê Heindrich Wyngaard

Moord is ’n alledaagse verskynsel in ons samelewing, iets wat so normaal geraak het soos om soggens op te staan en tande te borsel, sokkies aantrek en dan koffie te maak. Ons kyk nie eens meer altyd op van ons slimfone as iemand sê iemand is dood gemaak nie. Tot gebeur wat met die onderwysstudent Jamie-Lee de Bruin van De Doorns gebeur het.

Lees die storie →