Bohemia, bekroon: In haar oupa en ouma se huis in Bishop Lavis is hope Afrikaanse publikasies gelees. Hier word sy nou vir die bevordering van die taal bekroon

Dit was haar grootword-jare in oorlede ouma Poppie en oupa George Sass se huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, wat tot nou die grootste invloed in Afrikaans op Bohemia Hoffmeester-Jumatt se lewe en loopbaan gehad het.

Waarom is dit belangrik? Me. Hoffmeester-Jumatt, vryskutjoernalis vir Rapport en Kuier-tydskrif, was Saterdagoggend een van die 2025-ontvangers van ’n Kokertoekenning van die Afrikaanse Taalraad.

Lees die storie →

Nooit het oom Alspraat gedink dat hy eendag voor die hof van taalgebruik gedaag sal word. Toe gebeur dit waaragtig

Weet julle wat, sal iemand dan nie vir Mondstuk Media se inhoudspan loop en vertel dat hy dink oom Alspraat se taalgebruik is te formeel nie! Dis nogal ’n hooggeleerde man wat so sê, sê hulle my. “Te formeel?!” vra ek hulle om seker te maak dat ek reg gehoor het, want toe die oorle’ vrou nog hier was toe het ek mos twee paar ore gehad, myne en hare, omdat sy die gewoonte gehad het om goed vir my te herhaal, al agter die een aan met wie ek praat. Wonder wat sal sy gesê het oor ek nou voor die hof van taalgebruik gedaag word?

Lees die storie →