GOEIE DADE: ‘Is daai rêrig vir ons, Meneer?’: Skryfbehoeftes en hoop in skooltassies, bring glimlagte regoor die Wes-Kaap
Skoolweek 1 het vir gr.1’s in ’n paar dorpe vreugde gebring in die vorm van skooltassies met skryfbehoeftes, geskenk deur Kaapse Forum, VirSeker Trust en die Dagbreek Trust.
Die breër impak? Ook die lewe van diegene wat die oorhandiging doen, soos Aldo Carelse, projekassistent en prokureur by Kaapse Forum, word betekenisvol hierdeur geraak.


