Sportfotograaf Henko Nel (16): ‘Om die adrenalien en emosies in ’n foto te kan vasvang, is baie lekker.’

Mondstuk Media het hom ná die onlangse Curriebeker-wedstryd tussen DHL WP en Sanlam Boland-Kavaliers op Facebook ontdek. Dit is waar hy, ’n graad 10-leerder aan Hoërskool Montagu, die treffendste sportfoto’s plaas.

Waarom wil ’n mens dit weet? Omdat ander jongmense by hom kan leer oor hoe om jou spaargeld te gebruik om jou passie uit te leef – en jou eerste ordentlike kamera aan te skaf.

Lees die storie →

Geen testament: ‘Een rede hoekom soveel bruin gesinne in armoede vasgevang bly,’ sê boedelkenner

’n Harde werklikheid: Talle bruin families bewoon huise, wetlik die eiendom van ouers of grootouers wat al jare dood is – en nie ’n boedel agtergelaat het nie.

Waarom maak dit saak? Eienaarskap kan dan nie moeiteloos aan die erfgenaam of erfgename oorgedra word nie en hulle kan dit ook nie as sekuriteit vir finansiering gebruik nie, sê Aldo Carelse, ’n projekkoördineerder by Kaapse Forum.

Lees die storie →

Larry Varrie het ook ’n droom, soos sy groot held Martin Luther King jnr. eens gehad het, om sy mense te bevry

Die kongres wat in die foto hiernaas geadverteer word, is een van die mees ambisieuse pogings wat al ooit aangepak is: om 5 000 verteenwoordigers van die land se Khoi en San-groepe op Erfenisdag in Johannesburg byeen te bring.

Waarom sien Larry Varrie kans daarvoor? Dié jong leier glo eenheid is die fondament vir die herstel van inheemse mense se waardigheid en grondregte.

Lees die storie →