‘Julle word vir ’n ride gevat!’: Gayton Mckenzie en ander reageer op die DA se ‘bruinlose’ nuwe leierskap. Wat kyk hulle mis?
Die PA-leier maak nou ghai van bruin DA-lede omdat hulle “net gebruik word om die PA op sosiale media aan te val,” sê hy.
Waarom maak dit saak? Omdat geen bruin kandidaat ’n werklik prominente posisie by die DA se federale kongres kon wen nie. Die DA sê kritici en sommige kommentators weet nie waarvan hulle praat nie.

