Pniël se Adam Small-fees ‘kô hystoe’: Eerste indrukke, hoogtepunte en ons hoor wat die organiseerders sê
Janine Myburgh is saam met die feestemaker Darryl David die dryfveer agter die jaarlikse Adam Small-fees, wat die afgelope naweek gehou is. “Dit was fenomenaal,” sê sy.
Wat bied die fees? Die uitvoering Saterdagaand van toonsettings van Small se gedigte deur Frazer Barry en Tribal Echo (op die foto), was een element. Ander sluit in boekpraatjies en lesings.

