Waaroor spoel ons mond uit? Gayton Mckenzie en die PA se ‘grondhonne’, wat soos ‘politieke barbare’ aangaan

Wat? Mondstuk Media stem volmondig saam met ons inhoudshoof, Heindrich Wyngaard, se waarskuwing die naweek in ’n meningsartikel in Rapport teen wat hy “politieke barbare” noem.

Waarom? Dit is ’n beskrywing wat Wyngaard gebruik weens die vieslike taal waarmee Gayton Mackenzie, leier van die Patriotic Alliance, en sy ondersteuners hul opponente op Facebook uitskel.

Lees die storie →

Pak uit, Boland! eis Kaapse Forum in PAIA-aansoek oor refs en omkoop-bewerings. Ons het gedink die storie is al dood

Die burgerregte-organisasie Kaapse Forum het ’n aansoek by Boland-rugby ingedien om toegang te verkry tot al die klagtes oor skeidsregters, wat die afgelope twee seisoene by die unie ingedien is – en ook wat daaraan gedoen is.

Wat wil die organisasie daarmee bereik? “Ons wil sien wat die unie gedoen het oor die ernstige bewerings oor wedstrydknoeiery wat al vir so lank aankom,” sê Aldo Carelse, wat die aansoek, ingevolge die wet op die bevordering van toegang tot inligtng (PAIA), ingedien het.

Lees die storie →

Heindrich Wyngaard van Kaapse Forum was die openingspreker by die Nasionale Khoi & San-kongres. Hier is 5 punte uit sy rede

Die kongres, gereël deur Larry Varrie jnr. wat verlede week op Mondstuk se voorblad verskyn het, het afgevaardigdes van so ver as Namibië en die Wes-Kaap gelok; ander van die naby geleë bruin Johannesburgse buurte Eldoradopark en Ennerdale.

Hoekom maak dit saak? Sprekers, soos Heindrich Wyngaard van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum, het insette gelewer wat tot ’n Khoi en San (of Inheemse) “Renaissance” kan lei. Die uitkomste sal in ’n kongresverklaring saamgevat word.

Lees die storie →

Mondstuk Media se stigter wil deur dié nuushuis as ’n spreekbuis vir gemeenskappe optree en ook aan hulle stem gee. Hy besef harde werk lê voor

Mondstuk Media is gebore uit die bekommernis onder Afrikaanssprekende bruin mense oor wat ervaar word as onvoldoende dekking van dié gemeenskappe deur die hoofstroommedia.

Wie se idee was dit? Ons het dit tot nou geheim gehou omdat ons wou hê die platform moet eers behoorlik aan die gang kom, maar nou kan ons dit onthul. Dit is die man wat alombekend staan as Mnr. KLOP! – “with a little help from his friends”, soos hulle sê.

Lees die storie →