‘Swart Maandag’: Op 1 Desember moet almal in swart geklee wees om die wêreld bewus te maak van die Kaap se bendegeweld, het Gayton nou die dag gesê. Watter kleur het jy aan?

HEINDRICH WYNGAARD skryf oor die dag wat in Suid-Afrika meermale geassosieer word met Wêreld Vigsdag, maar dat nie genoeg mense weet dat 1 Desember ook die vrystellingsdatum van die slawe is nie, ’n rou deel van ons land se geskiedenis. Hieroor word ’n konferensie by UWK gehou vandag.

Hoekom noem Mondstuk Media dit ‘Swart Maandag’? Omdat bendegeweld, armoede en “nwata gedagtes” (verkeerde denkwyses en onkunde) ons in “slawerny” hou. Politiek en politici speel hierin ’n slegte rol.

Lees die storie →

DEBAT: Die verval van bruin jeug gaan nie slegs deur geskiedenislesse gekeer word nie, meen hierdie skrywer. Hulle het visie nodig, soos die vlugvoetige Cheslin Kolbe

Selvin Hein reageer op die meningsartikel verlede week van dr. Charles Flaendorp oor bruin jeug wat nie hul geskiedenis ken nie en hoe dit aanleiding gee tot vele sosiale uitdagings.

Wat is Hein se punt? Hy sê bruin jongmense moet geleer word “dat sukses nie net lê in waar jy vandaan kom nie, maar in jou keuses, jou houding, en jou wil om te groei”.

Lees die storie →

STANDPUNT: Bruin jeug gaan ten gronde weens ’n gebrek aan kennis oor hul komvandaan. ’n VGK-dominee stel ’n dringende ‘korrektief’ voor

“Hy wat die geskiedenis verwaarloos, sal dit herhaal,” is ’n aanhaling van die Amerikaanse filosoof George Santayana uit sy 1905-werk “The life of Reason”. In 1948 is dit in ’n toespraak aangepas deur die Britse premier Winston Churchill: “Those that fail to learn from history are doomed to repeat it.”

Sê wie? Dr. Charles Flaendorp, leraar van die VGK Macassar, wat in sy matriekjaar deur sy geskiedenisonderwyser aan die aanhaling bekend gestel is. Sy bekommernis oor die bruin jeug se onkunde oor hul geskiedenis, het hom nou weer daaraan laat dink.

Lees die storie →