Waar sal die dominee se hulp vandaan kom as dit dik gaan met die dominee, wonder oom Alspraat toe hulle hom dié stuk oor ’n TikTok-dominee vertel

Solank julle nie verlede week gedink het dit is nou klaarpraat met julle oom Alspraat nie omdat ek nie hier was nie, dan is ek tevrede, want hier’s ek weer, hier’s ek weer… Maar vir iemand wat alte graag loop en vertel dat die oordeel hom nie toekom nie, soos die Bybel ons leer, voel dit dan vir my so al asof ek hierdie keer maar baie naby daaraan kom. Oordeel julle maar self.

Lees die storie →

Wil jy weet wie jou voorgeslagte is? Aubrey Springveldt, afstammeling van slawe, help ander om verby doodloopstrate in hul stambome te kom

Dit was by die opvoedkundige en historikus prof. Richard van der Ross dat mnr. Aubrey Springveldt geleer het oor die belangrikheid daarvan om te weet waar jy vandaan kom.

Wat baat dit? Mnr. Springveldt (regs), hier afgeneem saam met mnr. Danie van Wyk van die DAK Netwerk, is die naweek deur dié organisasie erken vir die navorsing waarmee hy al talle bruin mense (én Afrikaners!) gehelp het om hul stambome na te speur. Hy wag om van jou te hoor.

Lees die storie →

Partye vryf hul hande warm vir poste, terwyl die treurmare in Theewaterskloof se raadsaal voortduur. Die terugkeer van Wilfred Solomons-Johannes het baie daarmee te doen

Spesiale raadsvergaderings is verlede week opgestel, uitgestel en hersaamgestel in die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Overberg. Die agendapunt op papier was beweerde wangedrag deur die munisipale bestuurder, maar dit is net ’n eyeblind, soos die mense hier sê, vir iets anders.

Waarmee het dit werklik te doen? Die ongeskrewe agendapunt is ’n plan van mnr. Brett Herron van Good (op foto), PA en die ANC om die mag terug te vat, terwyl die DA hoop om sy beheer van TWK te behou. Maar waarom sit die VF Plus dan stilswyend op die draad?

Lees die storie →

Het jy al só aan die matrieks se eindeksamen gedink? Hoe? Dat dit ’n gemeenskapsritueel van hoop, herinnering en erkenning is

In die buurte van Mondstuk Media se teikengemeenskappe, “waar die wind stories fluister en die grond herinneringe dra”, soos Graeme de Bruyn dit stel, skryf ’n nuwe generasie jongmense tans hul matriek-eindeksamen.

Wat daarvan? Die eksamen is nie net ’n akademiese toets nie, maar ’n oorgang, sê dié onderwysman. Hy verduidelik in hierdie artikel wat hy daarmee bedoel.

Lees die storie →

’n Ooggetuie keer dat bestuurder van ‘doodsbakkie’ wegry ‘om sy pa te gaan roep’. Nou word sy pa dalk ook aangekla

Die polisie se verklaring oor die ongeluk waarin Neo Cornelius (15) ’n week gelede op Caledon dood is, het genoem dat ’n 21-jarige man in verband met ’n klag van strafbare manslag in hegtenis geneem is.

Was iets fout daarmee? Dit het nagelaat om te sê dat die beskuldigde ’n gr. 12-leerder is aan dieselfde skool waar Neo in gr. 10 was. Mondstuk Media het ook eksklusief verneem dat die beskuldigde se pa moontlik self aangekla gaan word omdat hy blykbaar oor sy seun se ouderdom sou gelieg het.

Lees die storie →

Die dood van Neo Cornelius: ‘Weet julle mense wat dit is om te sien hoe tap die lewe uit ’n kind uit?’

Agterna beskou, was dit ’n afgryslike tragedie wat verlede Donderdag  op die Overbergse dorpie Caledon afgespeel het toe ’n skraal hoërskoolseun die agtermiddag – amper soos in ’n rillerfliek van minder as één minuut – deur ’n mede-leerder doodgery is.

Wat gebeur toe daarna? Die verhaal word aan Mondstuk Media vertel deur ’n ooggetuie, mev. Delia Swart, wat Neo Cornelius (15) se laaste, pynlike oomblikke met hom meegemaak het.

Lees die storie →