Solank as wat hy lewe in dié dal van genade, sal oom Alspraat sorg dat Afrikaans ouer word as wat hy én die taal tesame is

Ons is da’ma’ bederf hier in die beskutting van die dal van genade en die dal van die Afrikaanse taal, waar julle oom Alspraat sy dae omsit en mense dophou en homself toets oor wat hy nog alles kan onthou uit tye wat verby gegaan het. Maar een ding wat ek dink ons hier in Genaal nie oor hoef te worry nie, is oor die agteruitgang van Afrikaans en Engels wat altyd wil oorvat, maar die Afrikaanse Taalraad en die FW de Klerk-stigting, elkeen apart, sê dan nou ons moet wakker slaap daaroor.

Lees die storie →

DEBAT: Die verval van bruin jeug gaan nie slegs deur geskiedenislesse gekeer word nie, meen hierdie skrywer. Hulle het visie nodig, soos die vlugvoetige Cheslin Kolbe

Selvin Hein reageer op die meningsartikel verlede week van dr. Charles Flaendorp oor bruin jeug wat nie hul geskiedenis ken nie en hoe dit aanleiding gee tot vele sosiale uitdagings.

Wat is Hein se punt? Hy sê bruin jongmense moet geleer word “dat sukses nie net lê in waar jy vandaan kom nie, maar in jou keuses, jou houding, en jou wil om te groei”.

Lees die storie →

MAANDAGSOUT: Ouer, doop tog jou kinders met name waarmee hulle sal kan saamleef. Jy wil tog nie hê die kind se naam moet die kind in die gesig vat nie

Danie van Wyk, gedoop Daniel Albertus van Wyk, is ’n oud-onderwysman en die uitvoerende voorsitter van die organisasie DAK Netwerk. Hy is ook ’n ywerige waarnemer van gebruike (en geite) in gemeenskappe.

Wat het hy vandag op die hart? Die gewoonte van sommige bruin ouers om vir hul kinders name te gee wat soms ’n verleentheid vir die kind kan veroorsaak. Nie in sy geval nie: hy is vernoem na sy pa se jonger broer (Daniel) en sy oupa aan sy pa se kant (Albertus).

Lees die storie →

Simposium opper vrae oor ‘Swart Afrikaanse’ skryfwerk (waarmee eintlik ‘bruin’ bedoel word, you know). Nie al die vrae is beantwoord nie

Die naweek se 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium, wat by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is, het van die bekendste “swart” (of bruin) Afrikaanse skrywers en letterkundiges byeen gebring.

Wat het dit opgelewer? Belangrike vrae, soos wie vandag as die gesig (of toonbeeld) van “swart Afrikaanse skryfwerk” beskou kan word. Prof. Hein Willemse, wat die eerste simposium in 1985 help organiseer het, het ’n antwoord.

Lees die storie →

Wilfred Solomons-Johannes dreig om vandag terug te keer ‘werk toe’. Die draaideur by die ingang van die Theewaterskloof-munisipaliteit, sal die verwelkoming bepaal

Die man na wie ’n vinger gewys word – mét of sónder rede – oor die beweerde wanadministrasie van rampfondsgeld van R40 miljoen, asook ander begrotingsafwykings by die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Overberg, wil na verwagting vandag sy vorige pos gaan terugeis.

Waarom maak dit saak? Wilfred Solomons-Johannes dreig dat die munisipaliteit, wat onder finansiële administrasie is, gaan betáál vir wat hulle glo gedoen het “om my naam, reputasie en loopbaan te vernietig”.

Lees die storie →

Wade van ‘Suidooster’ het ’n joke oor sy looks gemaak. Toe lyk dit of ’n opskrifskrywer nie die joke vang nie

Die inleiding van ’n berig wat einde verlede week elders verskyn het, het sy woorde net ’n bietjie te letterlik geïnterpreteer, verduidelik die gewilde akteur Dean John Smith, wat Wade in die sepie Suidooster speel. (Foto: ANTONIA STEYN/WOORDFEES)

Waaroor gaan dit? Dit gaan oor dié mooi klong van Malmesbury by die Momentum Aardklop-kunstefees in Potchefstroom gegrap het dat rolle dalk nie sy kant toe kom nie omdat hy miskien nie genoeg “looks” gekry het nie.

Lees die storie →