Die hartseer agter die CayTwins se glimlagte: Hulle wil niks met hulle pa te doen hê
Caytlin en Caylin Magerman laat hulle followers op TikTok skaterlag met hulle videos van tipiese “Coloured”-huislike tonele. In ’n omvattende onderhoud op Youtube maak hulle hart oop.
Wat weet mense nie van hulle nie? Hulle praat veel eerder oor hoe hulle oorlede ma, Susan, se “oop persoonlikheid” hulle humor gestimuleer het. Hulle biologiese pa is nie deel van hul lewe nie.

