Volg OnsKontak OnsTeken In

Uitgawe 19

Maandag, 26 Januarie 2026

Uitgawe 19

Maandag, 26 Januarie 2026

Mondstuk Media
Skip to navigation Skip to content
  • Nuusmakers
  • Standpunte
  • Politiek & Politici
  • Oopkop
  • Klimaat & KI
  • Sport & Kultuur
  • Nuusmakers
  • Standpunte
  • Politiek & Politici
  • Oopkop
  • Klimaat & KI
  • Sport & Kultuur

Uitgawe 19

Preview

Download

Sy is ’n 4de jaar-onderwysstudent. Elke vakansie werk sy om haar ma te help met haar studie-onkostes

Mondstuk Media se pad het Vrydag op Greyton gekruis met De-jeanne Carolus, ’n onderwysstudent by CPUT in Wellington.

Wat leer ’n mens by haar? Omtrent 90% van haar matriekmaats “doen niks nie”. Haar motto behoort hulle te motiveer: “Doen jou ding elke dag, maak nie saak hoe swaar of hoe hard dit is nie.”

Lees die storie →

Die dood van twaalf kinders in ’n ongeluk in Vanderbijlpark, moet skole en ouers laat regop sit. Hier is drie voorstelle

Ouers en skole moet ernstig(er) aandag gee aan die soort voertuie waarmee leerders vervoer word en ook die gedrag van die bestuurders, sê dr. SEYMOUR BOTHMAN.

Waarom is dit belangrik? Ons paaie het slagvelde geword en kinders, op pad skool of huis toe, is toenemend slagoffers.

Lees die storie →

Wie het vir wie geboul? Die PPM sê PMC wou ’n ‘gentleman’s agreement’ hê – toe val past. Curt vir die grap

Laasweek het ons geskryf oor past. Curt van Heerden se oorlopery van die PPM na die beloofde goudpotte van mnr. Marius Fransman se PMC. Die PMC was vaag oor wie gesprekke tussen die twee politieke bewegings aangevra het.

Waarom maak dit saak? Vandag gee mnr. Chad Louw van die PPM ’n ander weergawe.

Lees die storie →

#LGE2026: Waarom water – en nie die gewone goed nie – die nommer een-kwessie in 2026 se plaaslike verkiesings moet wees.

In Knysna staar ’n Day Zero van droë krane die inwoners in die gesig. Nasionale en provinsiale regering gryp nou in om die situasie te red.

Waarom moet jy hiervan weet? In die aanloop tot die verkiesings einde van die jaar (of vroeg volgende jaar) moet kiesers besef: Wie water kan voorsien, kan regeer, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

Lees die storie →

Koop, manne, koop! Boland sal optree ‘waar die bewerings deur ’n behoorlike en billike proses bevestig word’

Soos wat die afwagting opbou vir 2026 se Groot Uitdaag-kompetisie van Boland, lyk dit asof arm klubs maar hul trane moet afvee omdat hulle nie geld het om spelers te kontrakteer nie.

Waarom hierdie stelling? Die Boland-rugby-unie se reaksie klink steeds asof die unie self nie bewus is dat betaling geskied nie, terwyl almal dit weet. Lees en besluit vir jouself.

Lees die storie →

Wat gaan ons maak met al die matrieks wat met ’n Baccalaureus-toelating geslaag het? Gee vir hulle werk in die gemeenskap

Julle oom was ’n ruk stil, want ek wou net eers bietjie dink oor die inhoud van die rubriek – en op my ouderdom word daar soms lank gedink oor dinge.

My punt? Ek het Mondstuk gevra of ek nie eerder meer soos ’n adviesrubriek kan skryf nie. Toe sê hulle dit hang van my af.

Lees die storie →

Algemeen
  • Tuis
  • Wie is ons?
  • Ondersteun Ons
  • Wil jy adverteer?
  • Bepalings & Voorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Argief
Jongste Uitgawe
  • Uitgawe 44
  • Uitgawe 43
  • Uitgawe 42
  • Uitgawe 41
  • Uitgawe 40
  • Uitgawe 39
  • Uitgawe 38
Hoof Kategorië
  • Nuusmakers
  • Standpunte
  • Politiek & Politici
  • Oopkop
  • Klimaat & KI
  • Sport & Kultuur
Teken Aan

Copyright © 2026 Mondstuk Media®
Website Designed and Developed by This Side Up Media