‘Kiesers moet dink met hulle koppe,’ sê Alan Winde. Hy skimp oor die steun wat die PA by die DA afvat
Premier Alan Winde het verlede week by die KKNK op Oudtshoorn, wat vir die 30ste jaar aangebied is, ’n rooi lig laat flikker oor oneffektiewe munisipale koalisies.
Wat sit agter sy bekommernis? Behoorlike dienslewering vir al die inwoners van die provinsie kan slegs geskied, sê hy, as stabiele regering op plaaslike vlak bestaan.
