FOTO VAN DIE WEEK: Agt snoeke hang teen die draad, gesout, en wag vir die son en die wind om droog te raak
Snoektyd in die Kaap sorg gereeld vir mooi foto’s van hoe dit oopgevlek word, skoongemaak word, opgesny word – en die kop eenkant in ’n bak gegooi word.
Maar snoektyd beteken ook die vis word gesout en gedroog om as ’n peuselhappie geëet te word. Hierdie agt snoeke (plus ’n klompie ander op die tweede foto) is vanoggend op Caledon afgeneem.
